donderslag: HONDESLAAN en STOKKESOEK
HONDESLAAN en STOKKESOEK ‘n Roomse priester in Duitsland is sy amp onthef omdat hy na bewering met die kinders in sy bewaring onsedelik sou omgegaan het. Later kom aan die lig dat die bewering van ‘n man sou gestam het – sonder dat hy daarvan weet – wat veertig jare gelede ‘n pak slae of […]
My bastion
in die donker dae toe my asem stom (soos kameelboggels) in my oë gehang het, het jou omgee en stil verstaan soos ‘n Josefskleed om my gevou toe die aasvoëls se aanhoudende gepik my uitmekaar wou skeur en hadidas se stemme my mal wou maak het jy ystermure om my broosheid gebou deur stormwinde wat […]
In kort opgesom
Soos altyd is nog nou vir al die dinge en dan nog lӗ jou glimlag stil in my verlange toegevou Al is ek nou nog net en van al die dinge wat my hier wou hou sing nog net die winterwind …. en nou’t ons net maar nou ‘n gevoel wat geen rus kan vind […]
witwolwense
my witwolwense vir my land my mense vasgevang in ‘n bol gekoekte wol iewers is ‘n begin iewers ‘n einde ‘n tussenin wat ek nie kan vind my witwolwense stoot op in my keel ‘n gekweste duif wat ‘n boodskap bring fladder om-en-om in my mond witwolwense draai vas om my tong verstrengel my denke […]
WIE skryf WAT, HOE maar veral HOEKOM?
WIE skryf WAT, HOE maar veral HOEKOM? Bastertale Afrikaans nes Engels is ‘n bastertaal. Dit weet ons al; oor die ontstaan van Afrikaans het ons geleer dat het taal verskeie „taalpeetjies” gehad het, naamlik die Hollands van die sewentiende eeu, die destydse seemanstaal, Maleis, Frans, die Strandlopers se Khoi, Duits, Engels en al die Bantoetale […]
Stormgenade
eendragtige klomp donker wolke blaas swaar sy wasige asem ongestoord oor die uitgedroogde lande donderstorms grom en brom klink soos geweerskote kwaad en woedend brg-brg brul sy stem krg-krg knal hy verder ligstrale in allerhande rigtings stil slaan sy vingers in die grys lug papnat dakke sing soos die reën kletter ‘n vreugdevolle vreedsame genade […]
Hartmure
vredige veilige veersagmure alles is warm en plesierig troos muur se salige siel liefde is ‘n beskermende arms maar een laat donkernag sit sewejarige seuntjie saam met pa seks op die kassie ‘n traan breek oor muur se gesig kinderlike musiek wals teen mure vrolike getrippel af in die gange gesonde ronde gesiggie is opvreetbaar […]
Kennisgewing oor plasings
Ek wonder al weer… En toe ek nou na die temas kyk om een te kies, sien ek ‘behoefte’ raak. En toe dink ek ditsem…ek het ‘n behoefte…ja en ek glo nog ander lede het ook dieselfde behoefte as ek. As ek verkeerd is, spyt dit my papnat. Wag laat ek by die punt van […]