Adelike siele
Jy was dom om na haar toe te kom in haar hart te kruip eeue lank te wag, g-e-d-u-l-d-i-g agter haar dofste eng spieël kadawers van dieselfde klawers narkoties in die walms van jul stiltes hou jy aan om haar siel uit ‘n skulp te mes met jou segende vingers liefkoos jy elke primadeeltjie van […]
Kan jy onthou?
Ek wonder of jy kan onthou dat ons ligjare gelede gedans het op die walms van die maan lank voor skadu’s gate sou brand deur ons gevleuelde drome; toe ons vir ‘n oomblik net na mekaar kon staar terwyl ek sterre probeer plant in jou oë. Lank gelede, my engel was jy d-a-a-r as ek […]
Blind wees
Vroeg in die morestond met sonsopkoms en die laaste sien van die morester se verdwyning kom gedagtes by my op hoe ver het ons mens gedaal na vlakke in ‘n wereld van ons eie niksseggend kyk ons toe hoe lewens afgebreek word hoe ‘n land inmekaar tuimel ‘n volk uitgestoot word op sy geboorte grond […]
Soekend
Ek soek jou in die more ek soek jou in die aand Iewers by die werk naby my gisters more kom ‘n nuwe dag wagtend in vroeë dou in die sonstraal van verlange weet ek die koue wintersnagte toegevou in warm kombers jou liggaamshitte ontbreek soekend in die geur van koffie te vinde saamgevoeg in […]
Klawerbord en die Liefde
Saggies hoor ek die klawerbord in die agtergrond gespeel deur die een wat my die grootste vreugde bring maar hier diep binne in my lê daar ‘n leegte soos min want groot is die liefde tussen my en hom maar ‘n verskriklike alleenheid pak my beet want waar eens ‘n tere familie band was van […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 6
HOOFSTUK 6 Toe Stefan Botes Donderdag oggend die koerant oopmaak vang sy oog dadelik die berig en Langes se foto. Hy voel hoe hy yskoud word. Hy weet hy het nie die moord gepleeg nie maar hy weet ook dat hy die nommer een verdagte is en dat hy vanoggend weer n besoek van kaptein […]
NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE slothoofstuk
HOOFSTUK 18 Dit is weereens Raba se fyn ore wat die gebrom van die groot diesel masjiene van die patrollieboot in die verte hoor terwyl die onweerswolke saampak vir die laat middag reën. Hy sit die roeispane neer, moeg en uitgeput en gaan lê agteroor. Andries kyk hom verbaas aan: “En nou Raba, kan jy […]
September 2017 projek – Lente
‘n Ode aan die Lente klink reeds banaal en geyk omdat dit soveel keer voorheen gedoen is. Tóg, bly dit ‘n heerlike onderwerp vir poësie en prosa. Ons gaan saam probeer om die onderwerp verrykend en anders aan te pak en daardeur bewys dat dit steeds genoegsaam nuut en opwindend kan wees. Vir die digters: […]
My lentevuur
Sonder ultimatums het jy my lief – net soos ek is. Sonder pretensie aanvaar jy my – vir wie ek is. In die ongesproke verstaan wat tussen ons heers, bestaan stiltes gemaklik ongekompliseerd. Soos die laaste noot van ʼn basviool wat vir lank in suspensie in die agtergrond hang, leef die vibrasies van ons harte […]
Jy kan mos vlieg
Jy kan mos vlieg Natuurlik kan jy vlieg saam met die knip van jou oog op ‘n verbeeldingsvlug sonder begrip of verwagtinge mymerend deur die uithoeke van jou heelal. Natuurlik kan jy vlieg al is dt net om jouself van realiteite te red om by die oewer van jou siel gelykenisse te plak teen jou […]