Die Beskermer
Daphne maak of sy flou val en dadelik het sy die volle aandag van die bestuurders van die trokkies wat kos na een of ander geleentheid vat. Behalwe vir hulle, was die straat tussen die hoë geboue heeltemal leeg. Haar strik werk en die twee mans hardloop dadelik na haar toe. Terwyl hulle ‘n ophef […]
Ek is steeds gedug
Ek is steeds gedug Ek stap fier en selfversekerd al het ek my been verloor deur ‘n nalatige ongeluk, ek het te gou oor relings van die bakkie gespring toe ek die rower sien weghardloop – – – Die been was in gips maar wou net nie volkome herstel en aangroei nie My wonderlike baas […]
Depressie (Elegie vir Ouboet)
Depressie (Elegie vir Ouboet) Nou is tien jaar reeds verby en elke jaar herleef ons weer daardie wrede dag toe die minsame ouboet die handdoek ingegooi het en besluit het hy het nou genoeg gehad van die ou wêreld en op 19 Jan 2007 was hy ruweg uit ons harte en lewens geruk en het […]
~ So kom ons om, so kom ons om ~
bamboeswalms soutloop deur vleuels en laagmis sleep hanggat vooruit, betrokkenheid van ‘n vissersdorp se spuug voor wêreldse pretensies, ghwel teen randsteen en teer – vis en tjips papiere hang soos vuil gedagtes teen platgetrapte drade; arm kinders pie in die see en skree oopbek vir daddy om die hondsdol hond te keer wat knaag aan […]
~ Winterkind ~
triesterig windvlaag gryse sproei teen my skene en ek groet die prikkelprins van lente deur lippe wat oopvou onder klamme lus palms reep in bruine teen ‘n armdruk wind en sink die son tot anderkant môre, vandag is uitgeklaar vir miskomberse, kaggelvure en winter se laaste vingerstreep in ‘n byna uitgeloopte jaar om te sluk […]
Is jy misbaar?
Is jy misbaar? Waar jy in die engheid van jou (be)staan aan my deur klop, ek (eers) nie wou o o p maak nie -jou later wel sou innooi- om die geheimenis van jou l-a-n-d-s-k-a-p te verken – bakens van jou s i e l te karteer want in jou ( en uit jou ) […]
Amsterdam
Amsterdam Voor ʼn straatkafee in Amsterdam skryf ek vir jou oor tulpe en die ruderalis reuk wat hang fiets klokkies wat lui en die laat winterson maar iewers hier binne my roer ʼn diep verlange na die Kaap die see en die Suid-Oos wat waai ek wens tog dat jy hier was om die naaktheid […]
~ Eie keuse ~
Dag prik venynig teen my vlees toe ek rugkant na gister teen die strand opbeur. Branders lek lui lui die laaste soet van middelnag se hooggety en vertel van skroot en skatte gestrooi teen duineboggels se winddroog middellyf. My voete skryf sleutelwoorde in die klam lei van eb en ek fris myself teen ‘n doelgerigte […]
~ Voetseen trek in die ou dae ~
Pa stop sy pyp en tuur oor die see. ‘n Lag speel in sy baard toe hy begin vertel… ‘n Voetseen was ‘n lang visnet met kurk aan die bokant en lood aan die onderkant en ‘n lang tou aan die voorkant. In die middel is ‘n bak/kom ingeweef as deel van die net – […]
~ Dal Josafat ~
‘n grotesk gepleisterde muur grens tussen gebreide boorde en krultoon krommings van ‘n lila berg – ‘n nimmereindigend stryd wat inspanning verg (sou ek reken) my taal fladder soos laatherfs deur kaal gestroopte eike, versteende lawa blinker oor die vallei – ewig roerend die alfabet binne my (so voorspelbaar) nikotien deurdrenk leun ek deur Afrikana […]