Die kristaldeur
Die stoom trek stadig op uit die grond. Die son se strale is koorsig warm vandag. Die rooi plas verkleur geleidelik al donkerder en net voor son onder lê daar slegs ‘n dieprooi, byna swart kol wat in die sand ingesypel het. Die sleepmerke wat vanaf die kol weglei in die bosse in, is byna […]
Spontane ontbranding
‘n Begin warm, aangenaam en die slagoffer onbewus dat dit die begin van sy einde is…
Somer soet
Loop saam met my op die strand hand aan hand voel hoe my liefde brand net vir jou….net vir jou Jy maak alles wat stukkend was weer heel en nuut jy gee my weer opnuut geluk wat my toevou Koor: Net vir jou net vir jou ek gee my alles net vir jou Jy laat […]
In Peitho se rok geklee
Die gif drup van jou tande ywerig kom smee jy bande. Jy meesmuil so wreed kom plant jy diep jou leed. Ongenaakbaar spoeg jy wraak jou haat hier te kom braak. Drapeer jy jou in ‘n laken Om jou grense af te baken. Kap jou naels die vrede in Bitter te skend vir jou gewin… […]
Gedagtes verdof
Soet somer kom kruip in my hart dryf al die hartseer uit met jou oggendson se lag Ek is ‘n dromer ‘n ewige dromer my drome dans saam met die glowing van die see Waar my gedagtes in die blou verdiep soekend op ‘n strand vol klippies verdof deur die sout en sand wag ek geduldig in […]
Kategorie: LEESTEKENS
Kategorie: LEESTEKENS Die (Latynse/Engelse) alfabet het nou maar 26 letters. Ander tale het ook besondere tekens. MY voorbeelde kom meestal uit Duits, maar iemand wat ander tale ken, weet dat menige ver óór dertig tekens/letters het. Hier praat ons slegs oor die tale wat die LATYNSE SKRIF gebruik.(Òf standaard (blok)skrif, òf kursief.) ※ So gesien, […]
Gebreide Kombersies
GEBREIDE KOMBERSIES Rooi wol. Sy gebruik die rooi wol om haar blokkie te brei. Die rooi wol is vir wanneer sy kwaad is. Nie ligtelik geïrriteerd nie maar briesend. Wanneer sy die rooi woede in haar voel opwel gryp haar hande onwillekeurig na die rooi wol en die skerp penne en dan BREI sy. Klik-klak, […]
Die stukkende windpomp op Hermansdrift deur Lynelle Clark
“Jy het ‘n fout begaan om die plek te koop. Al wat jy nou het vir al jou konfettie-drome is nimmer eindigende probleme.” Die sein was baie swak maar Monica het die boodskap verstaan. Vandat sy haar pa ingelig het oor haar koop, het hy telkemale sy ongevraagde opinie gegee en haar herinner dat sy […]
No 4 is nie grappies nie.
Daar is ’n leë warm dwarrelende wind wat rondomtalie in my binneste ’n warm wind met jou stem en al wat ek hoor is hoe jy vir my sê jy het lief geword vir my maar dat ek ongelukkig weereens die een gaan wees wat moet seerkry. © Anria Breed (2017/11/20)