LEES dringend asb – PRESTASIES MET JOU SKRYF EN DIGWERK BUITE INK
Ek wil vir elke INK lid vra om my asb behulpsaam te wees en baie dringend vir my ALLE prestasies buite INK mbt julle skryf en digwerk deur te gee. Ek benodig hierdie inligting asb voor of op 27 Oktober 2017 op die laaste asb , stuur asb ‘n e-pos na skryfafrikaans@ink.org.za of inkassie aan […]
DIE WIEL DRAAI HFSTK 6
HOOFSTUK 6 Hulle maak dit nie om sewe uur op die stasie te wees nie maar toe hulle tien oor sewe deur die ingang storm slaak hulle n sug van verligting toe hulle sien dat platform 3 nog skoon is, die trein is dus laat. Hulle is egter skaars op die platform of 665 begin […]
Dans lappop dans
Hande netjies op haar skoot gevou Sit die lappop en wag vir jou. Dis kwart voor saans en die poppe moet dans! Genade-gare om haar bymekaar te hou Soos sy verbete aan haar lappies-hart klou. Jy mors al jare met die lappop en fluister jou leuns in haar lapkop. Jy pluk mos aan […]
Die Loodgieter
Die Loodgieter ≈≈≈≈≈⤾⩯⤿≈≈≈≈≈ Midde-in die nag ontdek Dr. Abrahams dat sy kelder onder water staan – dis reeds halfvol. Dadelik roep hy ‘n loodgieter aan om dit weer in orde te bring. Die man sê, „Nee, dit kan mos tot môre wag.” Maar die dokter sê, „Hoeso? As ek na ‘n noodgeval uitgeroep word, moet […]
Die BEVOLKING as ORGANISME
Die Bevolking as Organisme ‘n Volk is ‘n organisme. Dit wil sê, dit is ‘n lewendige wese wat (te enige tyd in die verlede) gebore is en (te enige tyd in die toekoms) gaan sterf. Dit beleef groeifases of -stappe, dit vorm organe (Bv. ondergroepe wat ons stamme noem), kan deur ‘n oorlog of natuurramp, […]
Dankbaar .
Weet jy dis ‘n voorreg dat jy die oggendson beleef Sy strale op jou vel te voel Jou fluit op winde sweef Genade blaas sy asem en roer jou lewenslus Raak jou hartklop aan maak jou weer bewus Sê dankie vir vandag- Dit was jou nie belowe © Carla Visser
Dagbreek oor die Brandberg
oor diep geplooide pers ravyne breek ‘n nuwe dag die berg vat vlam in roes en rooi, ‘n skone simfonie die oggend breek oop soos ‘n volryp vrug – ‘n fees, ‘n harmonie die berg ontwaak in goue glorie ná die donker nag hy kaats vir jou die oggendson in die kleur van ryp granaat […]
1. Joodse Grappie, die Vriendin
Die Joodse Grappies – Dit is wat die Jode ondermekaar vertel; in teenstelling met die Jodegrap – Dis wanneer bose mense die Jode wil beledig en hulle slegsê. Die Joodse grappies het dikwels ‘n „slim” rabbyn: ‘n Rabbi wat dikwels sy vertwyfelde gemeendelede die snaaksste raad gee. Maar nie net rabbyne maak mal voorslae of […]
In ‘n blou droom
sien ek jou op my pad huis toe. Jy ry deur Paradysstraat op ‘n blou fiets. Jou broek en hemp lyk sag – ‘n ligte denimblou. Jou oë is blou. Jou oë lag en jy waai vir my. Jy lyk gelukkig … en ek is bly, want jy was so lanklaas werklik gelukkig. © Carma […]