Die versteekte seer
ʼn hart wat verskeur in ʼn stukkende lewe die vloek groet van ʼn muwwe grou môre gebore in die walging van ʼn wrede wêreld waarom dan Heer, die lewe gebore in leed droewige trane van treurmare-wyn droogte waar die nuwe en groen loot verskyn verslae ontmoedig met trane gelaat hang hande in ʼn mishoop van […]
Gebed my anker
in gebed is ek geanker want waar God verander kan ek in verwagting naslaan met betragting besef ek met God se werke staan niks meer in skerwe blymoedig is my hart want niemand kan meer tart met God in beheer het ek nooit nie meer seer met beloftes uit Sy Woord kom ek en God […]
Vroegoggend
Klokslag elke oggend 4 uur ontwaak uit ‘n diepe slaap soekend na varslug reik uit my bed na vore stadig maar seker vind my voet die balkon waar ‘n vars briesie wind die klank van die see met branders wat opslaan teen rots en sand breek maak gedagtes plek vir God se grootheid saggies hier […]
kadens
in koelte van die aand rus ek op my spesiale duin dit staan oor die see en kyk lomerige hittestrome verdwyn sag in aand se koeler luggie golwe lê ver terug en laag lê rotse bloot met kleur skulpdiere skarrel agter water aan wat ver terug gaan staan spesiale tye tye van blydskap vriendskappe gesmee […]
Die man met die ligblou oe. Episode 2 deel 1
Die man met die ligbou oë Episode 2 – deel 1 Daniel kyk stip na die skerm. Verskeie fotos van ‘n pragtige jong blondine verskyn , hulle oorvleuel mekaar op plekke. Hy draai terug na die Kolonel en maak die legger wat voor hom lê oop. “Jorike Gunther” begin die Kolonel die inligtingsessie, “dogter van […]
rol modelle
onder vals ligte op ‘n strand skreeu ‘n groep musikante hul gesing klink na geween hul wysie gekners van tande rondom wieg en wip tieners in pseudo hipnose verdwaas drank, dwelms en vrye dop klere swaai en siele verraai bo in hul dubbel luukse suite sit en suip ouers vrolik dronk gewetenloos oor kinders se […]
Klip en skoenlapper
EEN Met beiteltjies verf ek die klip met die plooie van jou gesig en hoop dat dit sal lewendig word, hoop dat dit jou na my sal terugbring. Lagplooitjies lê vlak in die marmer. Hoeveel jare sit hulle nie nou al daar nie, wonder ek. Die drie diep plooie wat horisontaal op jou voorkop geëts […]
Bushalte
Alleen op die bankie buskaartjie in die hand toebroodjies in ’n papiersak wag vir die bus Baie busse kom nader bly maar net nog sit die banier straal dit uit Verkeerde roete vir jou! ’n Bus kom hou stil mense klim net uit voor die deur vinnig sluit Verkeerde kaartjie in die hand! Die bankie […]
Tot weer siens my vriend Uys
Verlede Vrydagaand “ping” my selfoon en ‘n ou skoolvriend se boodskap lees: “Uys van der Westhuizen died last night of a heart attack”. Ai, dit was ‘n groot ontnugtering. Uys het ek eintlik eers leer ken middel 1979 toe ek besluit het genoeg is genoeg nadat ‘n skrum geval met ‘n rugby oefening het en […]