Dis nou
ek staan voor U in die skadu van my lewe gestroop van alles – net ek Heer in ootmoed buig my siel voor U neer vou my toe in U genade, vergewe doodskadu fluister in my oor ek’s bang, alleen – onbekend waarheen gaan U my siel versend geen witbroodjies trek U voor maar U […]
versteende boom
lae opmekaar gestapel soos jaarringe van oeroue boom hoeveel jare het jy al daar gestaan hoeveel jare het jy gelê na jy geval het hoeveel jare het dit geneem vir wind en water om jou so te verniel waarvan getuig jy vandag waarvan wil jy vertel blaai oop jou verhaal sodat ek kan lees eendag […]
Uitkoms op Toekoms
Dit is reentyd in Namibia, of veronderstel om te wees. Maar dit was ‘n droë Februarie, dor en warm en dit lyk of daar ‘n droë jaar op Namibië wag. Dit herinner my onwillekeurig aan droogte op ons plaas, Toekoms, in die dorre suide. Geduldig moes ons maar altyd wag vir die reen wat gewoonlik […]
Kiekies
Neef Hannes kom loer gister vinnig vanaf Suid-Afrika in en ons gesels heerlik oor die ou dae op die plaas, ons “skinder” met groot deernis en sentiment oor die familie se eienaardighede en verkneukel ons in die heerlikheid en nostalgie van onthou. En ek besef weer eens dat ‘n meer gevorderde ouderdom soveel nuwe betekenis […]
Van plaaskombuis tot masterchef
Vanoggend het ek ‘n pers hoed op, ek is so ingenome met myself soos ‘n geelvinkmannetjie wie se nes deur sy wyfie aanvaar is want na twee maande van leef in twee vertrekke in my huis is my kombuis uiteindelik klaar en ek is verlief daarop! Ek kyk met belangstelling na al die kosprogramme op […]
wens ‘n wens!
vonkel glinster skitter hemelruim sterrehemel sterrenag sterreprag! ek wens ek kon ‘n wens wens ek glo ek kan ek wil ek sal eensaam maan eensaam bleek silwer maan verlate verlore spieël wat oor die bome sweef ver in my venster so alleen ek wens ek kon ek wens ek kan ek wens ek sou ek […]
Karoo-nag
Karoo-nag met sterre besaai is hierdie Karoo-nag die briesie is lui en ek lê ek en wag wag dat jy die wind en die warm die stof en die sand van jou lyf af sal skud dat jy die droogte saam jou stewels by die agterdeur los dat jy net vir ‘n klein rukkie ‘n […]
Die Hensopper
Na ‘n brawe, dog beklemmende slagting wat ‘n skrale sewentien dae geduur het, het ek, na ‘n vlietende oorweging, die handoek ingegooi. Toe steek ek ‘n sigaret aan en neem ‘n diep, tevrede teug. Tydens hierdie eerste, en hopelik die laaste veldslag van ‘n totale verslaafde, was dit nie soseer die fisiese onttrekking van nikotien […]
Jy
Jy Daar is poele in jou oë waarin ek hopeloos val dit sleur my weg na ‘n eindelose dal ek verloor my gedagtes by die hoor van jou stem as jy telkens probeer om my seerwees te tem hopeloos is ek verslaaf aan jou totaal en al verlore en flou vir ewig het jy my […]
Dankie Heer
Dankie Heer, vir elke seën die daeraad maak plek vir die rookwolk geure van die stad blik en sirene, motor-gezoem en ratrace gebeure dit klink op deur die beton- en palisademuur woud hoekom is dit hier in die stad so koud ? kilometers hiervandan is my hart se tuiste bos en vink, zebras wat rinkink […]