DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 13
HOOFSTUK 13 Stephen Morrison besef dat hy met die volle waarheid vorendag sal moet kom om homself te beskerm. Op Kas se voorstel lê hy die middag n volle verkaring in landdros Maryna Vosloo se teenwoordigheid af waarin hy die volle verhaal vertel. Hy vertel van hulle eerste ontmoeting af in die gesellin klub tot […]
Sal jy my onthou
saans wanneer die son gaan lê en die sterre uitstrek om nag te sê en nag sy donker karos ontvou (soos beloof) sal jy my onthou wanneer wind roer deur dennenaalde en sy sagte stem kom hang aan ons ore – sal jy my onthou al lê daar spatsels trane van berou ©Cornien Naudé 03/08/2018
opdrag 4
en die leeus en monsters van die diep blou see het die brood en wyn met vraatsug weggesluk; krummels weggevee en onder die swellings van branders en varsvrotvleis die genadeboot omgetiep; die kuil se vloer het steeds spierwit, bloedloos die eggo eggo eggo teruggeskree; en die leeus en monsters van die diep blou see het […]
Bring vir my geelperskereën (Opdrag 5)
Winter lek wonde agter rooikoperduine waar bokspoortjies blom in die stille gesuis van ‘n namibswind wat my denke opsweep met ongerepte liefde – s m a g t e n d na die appelkoosgeur van jou warm asem wat my lippe sag betas (soos geelperskereën) en die somer in my opnuut laat ontluik ©Loretta Szikra
Asagao – brons klas
‘n band van liefde verweef die son se warm gloed kortstondig jou blom ©callie 2018
gertjie
die sand is saggies maar vygies klou vas groen ranke wat krioel wat swaar is met hul vrag iewers moet daar paadjie wees gelyn met witmosselskulpe loopbare paadjie op sand genade maar son steek dankie vir wind wat waai wat lug koel hou om my regte weskus weer getand en geveer met suid-ooster wat reën […]
Elegansie (Brons klas)
rooikroon kraanvoëls dans oor sneeu bedekte mere Ume vol in blom ©callie 2018
Een maanlignag
maanligstrale blink weerkaatsend op oosterkim ek en jy tesaam © Anzé Bezuidenhout
Tsubaki (Brons klas)
ek gee jou somer vol van pienk Camellias glimlag vir die son ©callie 2018
ROOFDIER – OPDRAG 4
ROOFDIER silwer rond vierkantig bont sluipend kruip die dier vrolik (soos vaandels) wink versoekings koop liefde, koop geluk, koop ‘n droom! sluipend kruip die dier skuifel-skuifel tot in jou sak, tot in jou bloed tot jy verskrik in sy grypend greep verstrik tot jy met elke asemteug in skuld verstik © – Barbara Smit 02/08/2018