Ou siel jonk in gees
Die nederigheid kan jy sien in haar oë wanneer sy vir jou vertel van haar lewe haar hande lyk oud en verniel maar dit is vir my mooi want dit wys haar hande het al hard gewerk geplooi sprankel haar persoonlikheid wanneer sy praat oor dinge na aan die hart sag is haar stem vol […]
Enkel belydenis (opdrag 5)
my liefling, dit was lente – ek wou laf wees (soos ’n kind) ek wou bloeisels ruik en langs lelies sit wat room kelk op some van ’n vlei tussen suikerbos en steenboksriet wou ek – naas jou – midde fynbos staan want dit was lente ek wou jou liefhê (dis maar al) © Carma […]
Dogter van Sion
die son sak vroeg oor die dorp mense keer huiswaarts gaan skuil teen die koue behalwe in Kerkstraat waar ‘n vrou staan op die hoek skraps geklee haar kyk haar stap haar glimlag is verleidelik met ‘n doel om die natuur te gebruik ten einde munt te slaan in die nagdonker vasgevang verwerp verstoot vergeet […]
see
golwe val bruisend op my lippe die soutsmaak wit soomstreep op strand ©Teárlach
ontnugtering
drywende donker wolke sweef vinnig oor die lug temperatuur daal vinnig sneeuflokkies val saggies siedende witskuim-branders jaag woes uit op leë strande op sy duin sit hy en ween weereens net stoksiel alleen ver oor die fynbos krap voël dieper gat vir sy kop in sand vlak onder aardkors van mense borrel siedende lawastrome rooi […]
OORMAAKPRENTJIES
OORMAAK-PRENTJIES Uhm; ek word baie se baie gevra hoe ek dit wat met my gebeur het (of dinge wat nou my padlangs kom) verwerk – hoe kan ek so maklik se ekt nie rerig issues oor wat in my verlede gebeur het nie… Wel – heeleerste; ekt geleer om te vergewe. EN nee, dit was […]
turkoois
wanneer die golwe deurskyn sonstrale vroeg daardeur flonker harders sigbaar in skole swem dan is see op sy mooiste wanneer golwe raas in die nag lê opdrifsels hoog op teen strand selfs dooie seeleeus soms maak see homself skoon wanneer golwe rasend bulder sterk stormwinde daaragter indrukwekkend neerploeg wit-skuim-some op strand vars see-reuke laat sout […]
Die wêreld moet weet (OPDRAG 5)
As jou hart begin klop en jy dans grasieus jou hart klop dankbaarheid soos reën oor jou spoel goedheid en guns volg jou al jou dae gered deur Sy bloed en jy sing jou hart uit breek die stilte sodat die wêreld kan weet hoop, genade en liefde oorwin altyd © Charne Harding
Karoo Medisyne
Sonvingers strek uit na Pramberg, vat sag aan kraalbos streel klipplate. Opstaan! Opstaan! Snotpatat en skilpadbessie katnaels en bobbejaanjies almal se gewag nie verniet. Die nuwe dag breek mooi rooi. Blou nagdonker met helder sterspikkels verdwyn maak plek vir rooi en geel skakerings. Elke dag is gevul met hoop vir blom, blaar en bok. Hitte […]
Opdrag 5: In sinchronie
in jou oë is die kleure van my palet vasgevang en in mooi getooi van rooi vir liefde en geel vir sonskyn – sien ek my beeld wat teruglag en wink na ‘n skoon skilderdoek van nuwe môres waar twee hande in volkome sinchronie ‘n nuwe prent van gisters vergete skilder ©callie 2018