
OORMAAKPRENTJIES
OORMAAK-PRENTJIES
Uhm; ek word baie se baie gevra hoe ek dit wat met my gebeur het (of dinge wat nou my padlangs kom) verwerk – hoe kan ek so maklik se ekt nie rerig issues oor wat in my verlede gebeur het nie… Wel – heeleerste; ekt geleer om te vergewe. EN nee, dit was nie maklik nie, en het met baie gebed en rebellie gepaard gegaan, MAAR dis so absoluut bevrydend en amper kestamper lewegewend om daai mense wat my so verniel het vry te spreek; hulle geheel en al aan my Hero oor te kon gee. Hulle vieslike, verotte harte en dade is nie meer my probleem nie; hulle moet dit maar self met hulle gewetens en my Hero uitsorteer… enne ek hoop dat hulle in die proses hulself disnis hardloop teen Sy liefnes en genade.
Om nie te vergewe nie is om jouself in n tronk op te sluit, waarvan net jy die sleutel het. En ek gaan nie oud word en vrot in n selgemaakte tronk oor ander mense se misdade nie. Daars nie n manier nie!! Om die hele tyd te wil broei oor als wat aan jou verkeerd gedoen is werk ook nie vir my nie; want hulle betaal nie huur om in my kop en hart te bly nie – so hulle moet voertsek en sommer blerrie gou ook!! En om aan te hou vasklou aan al die verkeerde dinge wat aan jou gedoen is maak net van jou n marionet aan n tou; want dan het daai stupid fools steeds beheer oor jou lewe en steel elke stukkie vreugde en lewenskwaliteit. So ekt vergewe, dit beteken nou nie dat ek saam met een van hulle gaan teedrink of braaivleis hou nie. MAAR hulle regeer nie meer my lewe of my denke nie – eks vrygekoop deur HeroBloed en dis dit!! Jippieeeee!!!
Enne dan – wel; ek teken vreeslikbaie OormaakPrentjies. Nou kyk, ne; ek kan nie teken om my lewe, siel, volk, vaderland of die buurman se hond te red nie – honor bright, ek kan nie. Met vas en gebed sal ek n stokmannetjie en n blokhuisie (en per dalks met baie genade n iets wat soos n kat lyk) geteken kry. Maar in faikonta (overgesedsynde in my verbeelding) kan ek teken soos kunstenaar sonder enige weerga. Ja…Ekt altyd nagmerries gekry oor daai walglike Satynlakendae (en oor goeters wat daarna sonder toestemming bo-oor my pad kom foeter het); en toe gee my Hero my die plan en dit werk soos water vir n woestynloper se dors. Vir elke liewe nagmerrie of negatiewe ding maak ekke n OormaakPrentjie. Weet dit klink simpel; maar dis meer as net my behoud!!
Kyk, sodra ek n nagmerrie kry (kom se maar oor daai waansinnige bendeverkragting) dan hol ek en gryp (in faikonta, ne) my tekenboek en my faikonta se klomp potlode; dan gaan maak ek 2 GROOT bekers tee en gaan sit pens en pootjies bo-op my Hero se skoot…..en dan begin ek in baie detail my nagmerrieprentjie te teken. Partykere wil my hand nie verder teken nie; kan ek nie meer my faikontapotlood vashou nie; maar dans my Hero se vaste, teer hande daar om te help teken. En partykere vee my trane sekere stukkies van die prentjie uit en dan moet ek oorteken. Maar ek hou aan teken totdat daai gru prentjie kant en klaar is; neem elke stukkie detail in. DAN vat ek my HeroBloedUitveer en begin daai nagmerrieprentjie uitvee; so deeglik en met volle oorgawe dat jy net uitveerraffels sien spat. Totdat n spierewit spik splinternuwe tekenbladsy op my skoot le…. Enne dan – eers gaan maak ek weer 2 GROOT bekers tee – dan begin ek my Oormaakprentjie teken; daar waar netnou se nagmerrieprentjie nog vir my skewebek getrek het. As dit by daai bendeverkragting kom dan sal my OormaakPrentjie wees van Righ wat my troetel, koester en met my liefdemaak. Ek sal teken met passie en elke stukkie detail wat ek kan ontmoet; enne my Hero teken met n mooi en wye glimlag al die pad saam! So teken ekke n oorprentjie bo-oor n lelike, bangmaak ene.
Of se nou ek onthou van Muriel en daai spul gesante van elcheappo wat my altyd kamertoe gedra het om my onbeskryflik te gaan verniel; dan….Dan gryp ek my boek en faikonta potlode en teken n OormaakPrentjie van my wat my liefste klein Laya uit die bad tel en kamertoe dra; wat haar afdroog, poeier gooi en daai kaal magie kielie. En sommer klomp soentjies deps op daai einste magie en kraai van die lag gesiggie.
Weet baie mense sal seker dink eks stapelgek (guilty as charged); maar my en my Hero se Oormaakprentjies het al menige nagmerries besweer en einas gesond gesoen. En ek sal seker in faikonta aanhou teken tot die dag wat ek my laaste asem uitblaas!!
….Partykere voor ek gaan slaap gaan snuffel ek eers in die biblioteek van my wise-ass hart vir n OormaakPrentjieBoek (want daars al baie volles) en dan blaai ek saam met my Hero daardeur… Tot die slaap my oorval. My en my Hero se faikonta tekenboeke en potlode is van my hart se heel kosbaarste besittings in die hele (nie die halwe nie, die hele ene) wereld!
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jou wees vandag Slowdance met Hom bo-op die soom van ‘n droom.
©Liza Daniells
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elroux
Dankie vir die loer in jou hartskamers jy het vandag my flenterkind wat al 10 jaar onder my vlerk skuil gehelp met jou oormaakprentjies. Jy is haar hero.