‘n Nota op jou kopkussing (5)
As die maan opkom teen middernag waar ek vir jou by die leivoor wag, sal jy my dan in die maanlig soen soos feëprinsesse in verhale doen? © 13/12/2018 Anton Bosch
in my are
hy staan voor sy vrou en kinders sy gestalte donker met ‘n vaal grys op sy gesig sonder omhaal of woorde word hy summier gefusilleer sy liggaam word argeloos in vlak ploegvoor toegekrap vrou en kinders met karige hulpmiddels op bokwa soos hul wegry staan rook op uit die opstal staar hul vir oulaas daarna […]
Sterreruiker
Ek wil die maan en die sterre pluk en in ‘n ruiker net vir jou rangskik… © 13/12/2018 Anton Bosch
dors
vanoggend is dit warm waar ek sit op my duin dit kook behoorlik mis vog staan op uit strand waar my siel sweef oor rante vol fynbos plante sweef ek oor droë veld waar geen varswater is oor horison hang daar donker misbanke oor donker blou golwende see vol wit wind koppe my keel dors […]
Swart kantjies vir ‘n vreemdeling
Ja-ja, ek het ‘trust issues’ – big time! Sommige noem dit privaatheid, ek noem dit sommer net die gebrek aan val-oor-jou-voete-vertroue en warm maar stadig op voordat my hart genoeg waagmoed toon om ten volle oop te maak en al sy derms te wys. Van my lyf práát ek nie eens nie! Daarby het ek […]
Mag Ek Jou Vra?
Mag ek jou vra hoe lief jy vir my is? Wanneer die swart verdwyn en al wat oorbly is die silwer op my hoof en as my kragte my verlaat om als vir jou te doen soos wat ek so graag wil, en as die dag dalk kom waar selfs jou lieflike gelaat vir my […]
Intens Lief
(BRONS) Ek kan nog onthou, hoe dit was, om in jou arms te rus met my kop op jou bors. Na intense liefhê. jou asem teen my hals, jou liggaam sterk oor my lyf gedryf deur ons passie en vuur. Die woorde van jou lippe soos heuning wat ek opslurp. Jou hartklop in jou bors, […]
Diagnosis
(BRONS) Oorsaak: Sepsis My hart se diagnosis: vermis…vir ewig weg. Grond op ‘n kis… In die kamer staan die lyf van jou kitaar. In my kop bly jou lirieke draal. Op die vloer, teen die muur sloer jou laaste skildery, ‘n landskap in groen… Langs die stoel, op die tafel in die hoek, lê jou
Wanneer Laas?
Wanneer laas het jy gekyk hoe die son se eerste strale oor ‘n bergtop vir jou loer, of geluister as die tortelduif sy liefdeslied in die laatmiddag koer? Het jy al ver weg van die stad se lig jou hand uitgestrek om ‘n ster te pluk as die swart gewelf oor die hemel span en […]