Verslane loutering
my menswees se loutering lê in die blou weerkaatsing van my oë – in die klop van my witsandhart soos ‘n eggo oor die ronding van ‘n duin daar waar my drome toegewaai lê loop my spore afge-ets op klam sand onder soutlug as nostalgie my na die bloudam jaag soekend na lang vergete illusies […]
Die Mooi Binne Jou
Toe ek verby jou vel kon kyk en dieper sien hoe jy, die mens, nou waarlik lyk was ek verstom oor al die skoonheid wat daar in een mens kan blom die reënboogkleure is te min om al die mooi wat binne jou is uit te bring ©14/12/2018 Anton Bosch
Belydenis
Die snik in haar oë maak die voorlopersnit soos die dokter se lem strepie rooi agterlaat, voor die bloed uitwaarts beur tot die klein kake klem om die vloed eers te keer. En die kraak in haar stem is die lem wat ontbloot, dit wat diep eers gelê het, weggesteek, weggekruip, wegebêre. Van die skuld […]
As My Pen ‘n Kwas Was
As my pen ‘n kwas was en die letters was die kleure, watter prentjie sou ek skilder? Hoe sou my hart kon lyk? Sou liefde helderrooi kon wees of pienk of dalkies blou, of sou dit helder geel moes wees omdat jy daarvan hou? ‘n Kaleidoskoop van kleure vir ons vreugde wat ons soos ‘n […]
Droomverlore
As ek jou hand in my drome vat en ons wandel saam op my hart se pad sal ons twee droomverlore raak daar wat net die liefde saak sal maak © 14/12/2018 Anton Bosch
tydlose einde
leë gebare met tydlose waarde is soos golwe wat nie breek leë klanke van niksseggende woorde soos die piep van ‘n muis in leë huis leë tyd van gebeurloosheid is soos die wind wat nie reën bring leë beloftes van eindelose verwagting soos die hoop in ‘n mens wat vervaag die einde van alles en […]
Gister se onthou
my lief die nagte raak nou langer en die dae gooi laslappies op die paadjies waar ons eens geloop het soms as oggendkou’ se verlange hoendervleis oor my lyf, skryf ek vir jou ’n brief vertoef ’n oomblik in die hitte van ons argief want êrens in ’n kas tussen motte en ’n jas lê […]