Jongste aktiwiteit:

anders

op my duin lyk alles om my soms anders
die nag se hoogwater het tot in die fynbos gekom
gister se gebeure het my tot in my diepste hart kom raak
anders wees, is soms soveel anders, dat dit skok in sy werklikheid
die wêreld is geneig om aan jou te kom voorskryf hoe om te lewe
buig jy telkens gedwee daarvoor, kan die lewe baie saai raak
in my gene lê die onverdunde andersheid ingebore
om anders te wees en om nie sommer te gaan lê
daarom het my voorvaders hul tuiste verlaat
hierdie donker kontinent kom verower
Sy boodskap hier kom indra in hoop
met stryd en bloed hierdie tuiste
in geloof hul eie gemaak
dalk was daar nie tyd
miskien nie hul kinders
genoeg van alles vertel nie
die stryd gewonne gegee
om teen die wêreld
te bly stry
dalk het
verrotting
sag ingetree
sluwe wêreldse
liberalisme toe
oorgeneem
vingers
word
telkens gewys
maar wie
het dan
nou eintlik
niks verkeerd
gedoen – tel
dan nou
die eerste
klip op
en begin
gooi

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed