tydlose einde
leë gebare
met tydlose waarde
is soos golwe wat nie breek
leë klanke
van niksseggende woorde
soos die piep van ‘n muis in leë huis
leë tyd
van gebeurloosheid
is soos die wind wat nie reën bring
leë beloftes
van eindelose verwagting
soos die hoop in ‘n mens wat vervaag
die einde
van alles en nog wat
soos lig wat gedoof word van ‘n ster
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek