Laaste Groet
As my laaste groet se wasem van die ruit se glas verdwyn moenie gaan sit en treur nie. Kyk ‘n wyle na die oggenddou en weet, ek is altyd deel van jou. Die son wat oor die rantjie kop uitsteek is ek wat loer vir jou, en vrolik vir jou lag. Onthou dan hoe ons […]
Netbal en Maskara
Netbal en Maskara Marie val op haar bed neer met ‘n sware sug. Sy voel vandag swaarmoedig. Dit maak nie saak wat mens doen nie, as jy agter in die ry gestaan het toe talente uitgedeel is, gaan jy agterbly in die populariteit ranglys. Sy trek haar skoolskoene uit en gooi die een oor die […]
Lewenskring van ‘n ma en dogter
Die lewenskring van ‘n ma en dogter Gelewer deur ‘n strakgesig man het die nuus my hart bereik en nes gemaak wortels gegroei om nooit weer los te raak vir jou het ek met my saam gedra ‘n klein stukkie mens in my buik Deur diepe waters en donker tye het jy soos ‘n neet […]
drommel
van my duin af sien ek lig lig van dagbreek af weerkaats ook sonsondergang se tanende gloed sit ek en droom oor wat gewees het en wat dalk nog gaan gebeur my sielsgedagtes verwoord borrelende maar nederige woorde wat net grondvat in rooi leemgrond waar dit ontkiem in digtershart en soms – net soms verblom […]
Die Worsie Sonder Punte
Een oggend vra My man vir my Waarom ek elke worsie Se punte tog afsny? Ek moet toe sonder aarsel Die rede aan hom noem “Dis hoe my liewe moeder Dit nog altyddeur maar doen!” Ek gaan toe na my moeder Om by haar tog te gaan hoor Waarom dan elke worsie Sy punte moet […]
Geloof in God
Agter elke aksie lê geloof en as jy jou aksies wil verander sal jy jou geloof moet verander stop die ongeloof wat jy plaas in wêreldse dinge en mense plaas jou geloof in God se hande Wie Hy sê jy is is die enigste waarheid en deur aan dit vas te klou sal jou wêreld […]
Ja, Baas 2.: Feniks
Kruêlla de Wil jou feeks jy slaan met jou benerige tong hipnotiseer met jou kringetjies Disneyheks oë maak my dood tot in my lyf maar dan gryp ek my beiteltjie en beits my woorde spits en skerp bewerk my gees se weiding Shawshank Redemption deur wande van rede en verstand na ‘n fx-dimensie op ‘n […]
Die Pot verwyt die Ketel
Die pot verwyt die ketel (dat hy swart is) maar ek sien wat in jou roetbedekte hart is ek onthou die dag, die helder sonskyn dag toe jy jou grysgrou woorde oor my hart, my hart van bloed en vlees kom stort, toe jy die vlees in woorde-repe van my beend’re af kom skeur wyl […]