my laaste vir ‘n gryper (Brons)
reg in die middelvan my kleine winkelso tjoken so blokvol horribale goedis my geen assebliefnet gryp goggadiefwat bloeigroot groeimet sy bek kaakwyddan styf vasgeklampterwyl kosdeur sy keelverdamp en ek moetgeheeltotaalsonder speelhom voedslegs voeden voe…en vo… © Charleine Collins 1 Desember 2018 Foto: https://www.redbubble.com/shop
Nuwe Skepping
ek is die bosveld jy is die see jou ruwe branders storm teen my skurwe bas die krys van jou meeue eggo die visarend se roep as jou walviskinders baldadig bokspring en my impalas grasieus deur mopanieveld swem tot jou blou oopsee dieptes met my goud grasvlakte oseaan versmelt tot ‘n maalkolk van stormsee woestynland […]
Toe (Brons)
‘n Slot is ‘n slot en die slot is die slot. Die een maak toe, die ander is ‘n einde. Met ‘n geenpoel riskant het dokter die fabriek maar afgebrand, en met die uitsny verseker dat ons geen lote kry. So as bloedjong vrou word ek ‘n sportmodel. Almal terg my stuitig, tog bly my […]
Klaar! – ‘n vlamoorlog in Boers (Brons)
My hand skuif die muis aangemeld oor die sleepmat – met my wagwoord reeds in, waarom moet die ding so lank draal! Vanaand bliksem ek die sekuriteit se danige vuurmuur plat as ek my e-moer na die geselsgroep in hierdie donderstryd stuur! Ek is sat vir stelselindringers strooipos, korrupsie, ’n virus of as die stelsel […]
Na-nag Drome
Die geur van jou hare en die kyk in jou oë wanneer liefde versadig en sweetnat kom lê is die beelde in drome verlange en soeke na dit wat eens waar was maar nou net ‘n skim as die na-nag se rondrol en lyfseer en sufdink die nuwe dag inlei…. met beloftes na nêrens net […]
verwagting
die wêreld bewe in geboorte pyn geldmag leiers gaan ondergrond bogrond rol niks daarvan in mond môre bars die bom drink nog wyn datums word uitgeruil profeties gewone mense gaan maar aan asof niks kan raak hul bestaan politieke leiers steel nog oneties skrif wat aan die muur verskyn is lank reeds vervaag uitgevee mense […]
Die versteende son
Die versteende son (Goud) onder die sirkels van die songloed in die vlamrooi van die aalwynblom het jou emosies oop en vry gelê terwyl die dieptes van jou kyk die landskap in groen laat bot daar waar die duine hulle kruise trek en die doringbome hul skadu’s los het die tyd stil gaan staan onder […]
Desember 2018 projek
Beste INKers Desember het ons getref soos ‘n hamer teen ‘n aambeeld. Ek wou nog altyd die onderwerp “laaste strek en einde” ondersoek in die dig- en skryfkuns. Dit mag dalk net die regte tyd hiervoor wees. DIGTERS: Die tema is slegs ‘n voorstel as konsep en is nie bedoel om jou titel te weerspieël […]
My bergparadys
My bergparadys Dierbare Koos, ek wil jou vertel van my ‘Lisa’ sonder ‘n rok, my ‘Lisa’ van die berge, soos ‘n betowerende melodie word hy my toevlugsoord. Sy vingers ken die klawers van sy vleuelklavier, soos ou bekende minnaars vlei hy die note van sy verlange terwyl ek oor die bobbejaanberge tuur. Die kluisenaar van […]
Herinneringe oor Pofadder
Jou bordjie staan teen die pad, Pofadder… verbleik en geroes, pryk jou naam waar my siel by jou poorte moes verkrummel het in jou voetloop se roep en nie kon verouder in jou stofstrate van toe. My oë kuier ‘n bietjie by die Pophuis verder op in Skool Straat waar ou herinneringe dwaal tussen mure […]