WWW.wêreldwye web,com hier
Gee nou ‘n drukkie, dis die volgende tree – verras die ander een daarmee! So ‘n stywe vashou kan net die vonk teruggee? ‘n Luislang se omhelsing mag die gees bevry. Hy smoor en wring jou netjies as hy jou kry na beginblokkie een – laat jou nie gaan en belowe vurig hy los jou […]
My klein swart boekie
Ek dra ‘n swart boekie in my handsak saam, ‘n boekie vir ‘n afspraak, nommers of adres. Die boekie lyk nogal asof ek ‘n lewe het, al is ek so eenkant, weg van al die res, al lyk ek soos ‘n koekie wat nêrens ooit heen gaan, al het geen een die tyd om my […]
laaste strek en einde van ‘n bittereinder
jongman van die namib het jy haar ver gaan haal – sy jou ribbok en jy haar held onverpoos en onvermoeid het jy jou deel gedoen jou pad was lank, my pa sonder terughou, sonder vrees het jy hom volgehou … ons was vyf, maar nou net twee – jy ook al jare weg jou […]
‘n Monument vir die liefde
esiKhaleni – ‘n Monument van die liefde (‘n Ode aan ‘n ou-ou Zoeloe & Xhosa legende) Elegant en slank het haar silhouette teen wolk en lug afgeëts oor bloue oseaan uitgestaar, geen enkele skip het meer oor die kim gevaar. Haar verlange en drome na ‘n sielsgenoot, in klinkhelder note het sy oor stormwaters gesing […]
Met Oupa op koers
my oupa was soos mansmense nie een vir rigting vra as ons in sirkels ry sou hy ‘n bedelaar ‘n joggie by die vulstasie of die vrou wat ‘n pakkasie op haar kop so knaknek dra net subtiel nie sien nie en ons navigasie van die back seat af eenvoudig ignoreer by elke kruispad sou […]
Nagwind Oorwinning
Die nagwind die huil Eentonig om die hoeke Van die huise Deur donker nou stegies Bo-oor ou rommelmensies Wat bondeltjie trek Teen voorwinterkou Die nagslierte hang Aan die dorings van drade soos Winddans papiere se flenters Die maan haak hom vas Aan takke in bome Soos dooie herfsblare As die sonstrale beur Deur die vroegoggend […]
Vir Madelie: borrelende blydskap
ek’s ‘n lugbel vol verblyding die ruimte langs en om my so arm en skriel al die vreugde binne my gepers gelaai en borrelstevol van hou uiteindelik is dit so bly om uit te bars en deur te waai oh joy! tot waar my hart in jou hande is soos klei © Charleine Collins 2 […]
seer
waar jy in jou karretjie sit by die stopstraat in die stad met vars kosware aangekoop oral in die karretjie ingepak waaraan dink jy jong vrou wat gaan in jou gedagtes aan sekerlik net aan jou kinders of jou familie by die huis plotseling is jy nie meer daar wreed weggeraap deur barbare nou lê […]
Die Storie Van Ons Liefde
Kom luister na die wysie van my hart as dit in harmonie met joune saamklop en ons drome in die kaggelvuur sien dans terwyl die duister om ons huiwer En die lag diep in jou oë weerklank vind Dan sing ons sonder klanke En ons dans in gees tesame Tot die môre ons kom wakkermaak […]
wanneer stilte praat
anderkant die horison groei daar wolkies vaal wat stadig nader draal soos ‘n donker peloton westewindjie ruk en pluk gesels temerig om wit hoek wolkies begin nou saamkoek bietjie sagte reën en geluk stille nag vol donker klanke spelerige wind kom en waai gordyne teen vensterbanke ©Teárlach