Met Oupa op koers
my oupa was soos mansmense
nie een vir rigting vra
as ons in sirkels ry
sou hy ‘n bedelaar
‘n joggie by die vulstasie
of die vrou wat ‘n pakkasie
op haar kop so knaknek dra
net subtiel nie sien nie
en ons navigasie
van die back seat af
eenvoudig ignoreer
by elke kruispad sou hy hink
en dan so tweekeer dink
voor hy weer rigting kry
en leer ken ons baie plekke
wat “goed is vir ons edukasie”
tot ‘n fabriek se agterplasie
as ons uiteindelik deur genade
baie moeg en nog meer lag
met emmersvol frustrasie
by die bestemming kom
dan sê hy dit was ‘n short cut
hy wou ons spesiaal na als toe vat
want kyk nou net wat
het ons nie gesien
yeah what
maar ek onthou dit soos ‘n fees
met ‘n glimlag in my gees
al daardie lewensdraaie
en duistere kruispaaie
saam met Oupa en my mense
was tog deel van die beste
op my lewenspad gewees
© Charleine Collins 3 Desember 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.