Vir Me. Helen
Jy het die donker gevrees, maar die lig gemanipuleer. Jou Mekka het almal konfronteer met iets só anders, só vreemd. Grootoog uile tuur deur mens se gees; pelgrims op reis om hul God te eer – gesigte, oop arms na bo gekeer vertel van ‘n siel wat oorgee- Gewillig om van dié Meester te leer. […]
Die pylvak se vuur
‘n Klein konsentrasie kom hurk in die kalk en krap onbenullig ‘n sirkelgang tot begrip ‘n fluitjie kom blaas in sy nek en hy, soos die ander, deur die wind gejaag skielik op ‘n dag die eindstreep gewaar hy besef: ons leef in die pylvak se vuur brandend vir ‘n wenstreep, vresend die brutale finaliteit, […]
Splinter drome
Dit is reeds laatmiddag toe Bianca die sportveld verlaat, sy oefen elke middag na skool tennis. Haar mikpunt is om na matriek ‘n beurs te kry en dan oorsee verder te gaan studeer. Intussen oefen sy hard vir haar skool se eerste span, die Gautengse kampioenskappe is om die draai. Sy het al verskeie toernooie […]
Eindelose strek
Eindeloos, geen einde vandag, mŏre en ook die verlede “ek strek my uit na wat voor is.” die laaste skof tot by die Beloftebos Die einde, die einde is in sig van nog ‘n jaar die vertel nog ‘n verhaal van tyd wat ons inhaal Van ‘n Traan in die oog ‘n lied in die […]
leef
nie net omdat Hy gesterwe het maar omdat Hy leef is Hy daar daar vir jou en my altyd waar Hy ons kan hoor in ons gebed ©Teárlach
Memo onversend
vroeër, net voor dagbreek, nog voor die hemel kon verblou – gewaar ek in die maan se lig drie neste in my doringboom, deur ‘n geelvink daar gebou en ek kon jou nie laat weet nie, maar ek belowe, lief – ek wóú © Carma Shaw 30 November 2018
Oudag se Onthou
Daar is liefde op jou lippe as jy my sag kom soen en die kyk in jou oë is die vuur wat smeul in die smeltkroes van verlange… jou asem in my nek is die wind onder my vleuels wat my dra oor berge en die hoogste pieke tot ons saam in ‘n draaikolk tuimelval […]
uittelrympie
druk my styf teen jou warm lyf soen my vol laat my tol as jy byt is jy uit as jy opstaan is jy aan © Charleine Collins 3 Desember 2018