Jongste aktiwiteit:

Memo onversend

vroeër,
net voor dagbreek,
nog voor die hemel kon verblou
– gewaar ek in die maan se lig
drie neste in my doringboom,
deur ‘n geelvink daar gebou

en ek kon jou nie laat weet nie,
maar ek belowe, lief
– ek wóú

© Carma Shaw
30 November 2018




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed