Winterplaag
Die hemel se gesig dof, die uitvonkige son verby: lyfnaekende seun soek vir nog sonder ‘n warme trui, Kaalvoet, deur witmistige weer, soek skuiling by n koue kol. Bekbewerig, met liggaam op teer, byt tande terwyl trane rol. Winter pla’ reendruppels uit die lig, soen slaapkooie natbek teken rivierpoele onder die brug, kinderhart nou met […]
My Erfenis: my pot goud aan die einde van die reënboog.
My verhaal lê opgesluit in my geskiedenis. Dit is verweef in elke sandkorrel, gevormde klip en die fynste veld blom van hierdie land. Van die Ooste tot die Weste, van die Suide tot die Noorde is my storie verspreid. Daar is geen area in hierdie mooie land waar jy ons nie sal vind nie. Oor […]
verlange is
soos reënwolke oor my duin verwelk fynbos sy groen kleur na herfs skuif kaapse grysbokkies lammers afgooi meeue hul sweeftogte luidkeels meld gedagtes verward uit hart ontspring inhibisies vervaard begin protesteer winter koue die lewe om jou versuur stap jy oor my duin asof dit somer is hart verlang na die vredige stilte van die […]
WIL JY DANS, BOKKIE MY BABIE?
WIL JY DANS, BOKKIE MY BABIE? Uhm – jy weet eers wat, Bokkie my babie; nê – behalwe vir daai kort tiekie se bietjie tyd (waarvan ek danksy my geheueverlies soveel mooi goeters glad nie kan onthou nie) wat ek en Righ saam was, was hierdie amper kestamper se 23jaar wat ek tussen Satynlakens uit […]
mantel
die wolkies bloos vanoggend oor my duin rooskleurige oggend glorie van eerstelig êrens kwiek en kwak ‘n fisant sy kinders oral ontwaak die veld en mense uit huise voor duine lê mistigheid nog grys en vlak agter die duine sweef meeue soekend sag oor goue myl rol bande oppad na winkels of dalk na die […]
DIE DANS GAAN AAN
DIE DANS GAAN AAN Baie onsêbare emosies en ongesensorde voelgoedters eb en vloed nou dwarsdeur hierdie wise-ass hart van my…Hier waar ek op my gunsteling ou boomstomp op my geliefde ou Ghwarriegat sit; beker vuurwarme tee in die hand. Kyk na die lig wat flikker-flonker op; oor my Swaard wat voor my voete lê. Ja; […]
Diamant Divas Dubbel Standaarde
Diamant Divas word elke Woensdag oggend op Elan Global Radio uitgesaai. Die program was uitgesaai die 1 Augustus 2018 Na aanleiding van verlede week se onderhoude en die wat nie gebeur het nie agv verskeie redes, het ek weereens net besef hoe pynlik seer die dinge is waarmee vrouens worstel. Met die aanvang van die […]
Soms
soms in Junie se winter-kou raak die sonskyn-flou winter-wind wat blare weg steel terwyl die reën die takke sag streel soms in Junie se sonskyn sal ‘n spierwit vlinder verskyn om ‘n boodskap te bring en dan weer te verdwyn ‘n veertjie val ‘n vlinder-vlieg-vry waneer ‘n engel dit stuur van ‘n plek ver-ver van […]
ARJUNA en die HEILIGE KUNS
ARJUNA Drie koningskinders staan op ‘n ry langsmekaar. Hulle ontvang ‘n les in die heilige kuns van pyl-en-boog-skiet. Die grootmeester het hulle al gewys hoe om regtig te staan en hoe om die boog met uitgestrekte arm in die rigting van die teiken uit te strek. Oor weke en maande het hy hulle alles bygebring […]
Op ‘n parkbankie deur Lynelle Clark
Nie alles in die lewe het ‘n storie nie. Nie die teesakkie wat jy uitvis uit ‘n skoenboks of vergete, duidelik gebruikte sleutel nie. Haarknippe, sommige gevlek deur tyd, ou armbande: nou verrek en oudmodies. Lappies wat duidelik al lankal in die snippermandjie moes afgetree het, verskuil tussen ou handdoeke. Alles vind ‘n plek, sommige […]