Laat Lente
Laat lente © Ans Botha van der Merwe 15/11/2019 11:38 sou ek nie graag in jou arm wou wurm nie jou liefde teen my hartklop kon voel klop nie sou en nie graag jou warm asem teen my nek wou vasvang nie jou liefdes melodieë in jou stem wou hoor prewel nie sal ek nie […]
Bevryde Somer
Bevryde Somer daars ‘n laterige lente wat die somer stuurs weerhou en die droogte soos ‘n dryfsand deur valleie in laat vou (tussen hierdie lyne stuur ek my woorde na ‘n klam rivierloop en droom ‘n misreën teen my voetval vas; wyl ek sagkens kniediep in ‘n sagte stroom liefdeswater struikel, skuif ek die laat […]
AFRIFIKSIE kompetisie 2019 kortlys!
Hallo almal! Ek is so opgewonde om op AFRIFIKSIE se kortlys te wees. Julle kan die kortlys hier sien: http://afrifiksie.com/kompetisies/tot-nou-toe/kompetisie-2019/kortlys-2019/ En dan sommer op die skakel vir “‘n Hoed Vol Geluk” druk om my storie te lees. Onthou om die ander stories ook te lees! Geniet!
STOP EN RUIK DIE TAMATIEBOS
Ek kyk na Herman Lensing. Hy en ‘n gas kook dat die sop spat. Dit bly maar vir my ‘n plesier om te kyk wanneer iemand uit sy/haar hart uit kook. Deesdae voel dit so half vir my kosmaak het sy lekkerte vir my verloor. Dalk is dit maar net omdat die kinders uit die […]
AMPER SOMER
Amper Somer dis amper somer in jou lewe so skielik word jy groot eens sou jy op ‘n droom kon swewe maar manword druk jou menswees dood die wye wêreld is jou speelplek jy weet so als van als as donkerte jou enkels lek staan jy so fors en vreesloos stil ek, hier eenkant swyg […]
Sê dit in Afrikaans
Skryf vir my ‘n briefie, teen ‘n Drakensbergse krans Sing vir my ‘n liedjie wat die engele laat dans Jaag vir my die winter weg met n kaggelvuurtjie saans En sê vir my jy’s myne, maar sê dit in Afrikaans Koop vir my ‘n nuwe dag, met die oggendson se beurs Wys vir my die […]
Klimaatskuif (Silwer)
Die woeswind waai wes suid oos noord bly blare deur bome droog oor dakke draai, verander laat-lente se bloeisel bloedwyn gepars uit druif van die laaste boord in die wingerdbruin van vroegherfs se skyn – en skielik word ‘n droom van hoogsomer witwinter se stille pyn. Charleine Collins © November 2019 Illustrasie:https://www.dreamstime.com/royalty-free-stock-photography-tree-wind-falling-leaves-image38405557
Laat lente in die Kaap
The Shangri- La Paris, lê in die hartjie van die stad Parys, en het ‘n mooi uitkyk op die Eiffel toring. Met sy ellegante boustyl wat insmelt in oud en moderne kuns vol glinster. Veronica Rousseau ‘n Franse lugwaardin boek haar in vir die nag voor haar vlug die volgende aand na Kaapstad. By die […]
Die storm aan die einde (Brons)
(1032 woorde) Die stilte in die motor is tasbaar. ‘n Ongemak wat almal ken, maar waarvoor daar nie ‘n woord bestaan nie. Buite word die nag soos dag toe nog ‘n weerligstraal die wêreld vir ‘n oomblik verlig. Sascha staar die donkerte in. Die broeiende storm buite weerspieël haar gemoed en emosies. ‘n Cliché, ja, […]