‘n Dag soos vandag.
Dis op ’n dag soos vandag (en gister ook) dat mens moet stokkiesdraai, verantwoordelikheid by die agterdeur uitskop en oopmond in die vars lug glimlag. Dis op ’n dag soos vandag, wanneer die son glashelder skyn, die hemele blouer as blou is, dat mens moet wegsink in die natuur se prag. Dis op ’n dag […]
Versot op jou
Versot sny my wese aartsdom spoor na jou hart waar ons vlinders bandeloos fuif; verlief ©Loretta Szikra Cinquain digvorm
Deel 2 Toksiese verhoudings is stille sluipers van die nag.
My droom vir Diamant Divas. Dit is my hartsbegeerte om Diva huis te begin. Hoe meer ek met vrouens te doen kry wat hul eie stryd stry hoe groter groei die begeerte. Ek sien ‘n plek waar heen ‘n vrou kan gaan om genesing te ontvang. Mense wat bereid is om haar aan die hand […]
Deel 1 Toksiese verhoudings is stille sluipers van die nag.
Wie ookal daar deur vasgevang is sukkel om van die giftige klampe weg te kom en sukkel jare daarna nog met die letsels daarvan. Daar was ‘n stadium wat ek nie kon verstaan hoekom vrouens, vernaamlik, nie net kan weg stap nie. Nou, jare later kan ek verstaan waarom ‘n vrou bly en die gif […]
As die Zombies kom
Die idee dat iets skeef gaan loop en ons samelewing in duie gaan stort is so oud soos die berge. Hollywood het ryk geword van die idee: Die “Zombie Apocalypse” waar hordes zombies vir een of ander rede ons breine wil eet (Ons ken mos baie mense wat nie bekommerd te wees oor dáái scenario […]
Baardhaar-beloftes
In die binnekamer van my woelsieke hart lê drome aan skerwe gespat, tussen baardhaar-beloftes vas teen die wortels van grashalms ingetrap In ń hoek eenkant my siel vasgevang deur warboel-gedagtes wat hulpeloos spartel soos ledemate sonder verstand; spartel en baklei ek ń verbete stryd – die innige hel in my hart Skarrel en stry ek […]
Warm en kurkdroë sand
Soms is daar so baie dinge dinge wat seer maak dinge wat saak maak en dinge wat jy net wil begrawe In ‘n diep gat gooi en warm sand daaroor strooi jy wil net daarvan vergeet maar dinge het die vermoë, om deur grond te vreet Soos euwels van gronderosie dit skuif saam met jou […]
Krisjan Visser maak ‘n plan (Brons)
15 kilometer van Norvalspont was die plaas Houvasjouhoed. Die topografie van die vallei waarin die plaas gelê het was presies dieselfde vorm as ‘n straalvliegtuig se enjin. Dit het veroorsaak dat daar konstant wind gewaai het. Nou nie daai ligte Suid-Ooster briesie van die Kaap nie . Nee, ons praat hier van Wind – met […]
Dié traliehek van jou hart
As dié akostiek van my klaroen – strelend loei oor jou hart in sagte klank kyk jy na die skakeer van ñ allermooiste reënboog wat kaats in die lokasie van jou liggaam. Met die triomfant van my trompet – speel ek náák melodieë en breek oop jou geslote traliehek ek plaas liefsliédere in die metaalkoue […]