Geraas in die agtergrond
Woordtelling 1017 Stergradering Silwer Van die kleinste insek tot die grootste land- en seedier sowel as elke mens, word beïnvloed deur die klanke van ons omgewing. Maar te veel of te harde geraas is nadelig vir elkeen wat onwillekeurig daarna moet luister. Dit beïnvloed alledaagse aktiwiteite soos slaap, kommunikasie, stresvlakke en selfs voortplanting. Almal reageer […]
Winterwals
met winter se wilde winde ruk-en-rol sy ysige wals waar hy om die hoekie kla oor die sware las wat hy moet dra windpomp huil tjir-tjoer, tjir-tjoer oor die somer se droogte wat hy moes aanskou terwyl die reën in seënstrome neer veer winter sug moedeloos en smyt sy sneeujas op ’n bondel neer niemand […]
As geluide my irriteer. (BRONS)
As geluide my irriteer. “Ag nee, jy is net onnodig,” moes ek so dikwels hoor. Dan wonder ek: “Is ek regtig onnodig?” Kan ek mense kwalik neem as hulle die opinie van my vorm? Ek kan dit net nie verhelp nie: sekere geluide irriteer my grensloos! Selfs as jong kind aan tafel kon ek sekere […]
Stad Beelde
die sonskyn in ń stad vergrys in beton as foto geleentheid gesien as onvanpas. gesels is moeilikheid drankies word alleen gedrink saam geniet gewoonlik oorlog. slaan neer jou oë wees reg vir geveg slaan hard want dis ń stad.
My geloofsboom
My geloofsboom weerkaats singend ’n aria van bloue baldakyn stoot knoetserige vingers diep in bladaarde se neurie wyl groen dansende blare dor geloofsboom verkoelend uitklouter. © Taai Bonthuys
Tv-kanaal1
Toe Alf op die kassie was kon als in my tassie pas- nou is die kassie groot en plat en my tassie leeg en klein.
Winterwals (1)
Vat my en dra my soos ‘n skoen sodat ek saam jou kan wandel en koeterwaals, oor die donker donderwolke wat bots en blits, vêr en grys oor die berge- waar witsneeukomberse my liefde bedek, roep my stem soos ‘n hadeda vanuit my kooi, na waar jy wintermooi tooi. ©Morné du Preez