Sinestesie
Sinestesie* Ek sit op die stoep van my lewe en voel hoe die dag na stilte roep wyl skaduwees soos reuse word ek hoor hoe die strykstok van die son sy laaste note bladlees in die balk van die seisoene ek sien hoe die son skemer dirigeer tot v-ê-r … v-ê-r … oor die horison […]
NUWEJAARSBELOFTES
NUWEJAARSBELOFTES geskryf deur Fanus Strydom terwyl klappers kompeteer met knetterende braaivleisvure en vuurwerkpyle vlietend oorhoofs slinger borrel haastiggemaakte besluite en kraaknuwe beloftes net betyds soos gister se jaar helaas weer vonkelnuut dog ondeurdag en ydelwaar by mense en bottels se oorgulsig oopgebreekte bekke uit terwyl ek iewers tussen sterre en middernag se donker dronk met […]
DEURBRAAK
DEURBRAAK Geskryf deur Fanus Strydom 1246 woorde Vanuit die slaapvertrek hoor sy haar roep waar sy in die voorhuis besig is om vir die vrou ‘n kommetjie sop te maak. “Tsk…tsk…tsk…” klik sy peinsend haar tong, terwyl sy stadig roer aan die pot op die vuur voor haar. Sy besef haar tyd kom vining nader. […]
Sosiaal oorlede
Asof die mensdom jou konsuis soos ‘n brandsiekbrak verjaag ontkoppel jy – *(a)sosiaal; sinies, word niks en niemand ontsien nie illogies en onstabiel glo jy ad nauseam, dat almal behálwe jy, twissiek, onsimpatiek en aandadig aan jou laaghartigheid is. *Asosiaal: Grenslynpersoonlikheidsversteuring of GPV
lewe in die skemer
soos die awendson daal raak dit stil in mens se lewe almal om jou kyk meewarig na skelet van wat jy was wanneer jy stil raak word eensaamheid werklik mense verdink jou van trots van eiewysheid en inkennig as skemer wat so gou kom sny introversiewe denke diep selfondersoek laat bloedspore verdiep jou gelaatstrekke stille […]
Desember 2022 – Samesyn projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 7 lede! Wenners Gedigte Brons GEEN WENNERS Silwer (1) NO 4 Hester Steenkamp met Paasfees (2) NO 8 Driekie Grobler met My hart se tuiste (3) NO 10 Amanda De Meillon met Vlamme van vrees Goud (1) NO 11 Anzé Bezuidenhout met Bitterwyn Meningstukke (1) NO 4 Ano met Samesyn sonder […]
November 2022 – OOP projek Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 12 lede! Wenners Gedigte Brons (1) No 14 Von Villon met Duur (2) No 13 Koos Elsum met Stegies (3) No 5 Von Villon met Het God gesê? Silwer (1) No 18 Elize Kruger met Opstaantyd (2) No 25 Elmarie Nienaber van Kampten met Ek droom … (3) No 24 Elmarie […]
ZIA
Zia mag ouma se liefielyf vele vreugdes ervaar waar jy nou in ʼn nuwe skooltjie begin mag jou juffrou sommer baie van jou hou mag jy in jou eie pienk toorfeetjie bly glo as jy die reënboog se kleure aanskou mag jou giggelgeel laggie rinkel soos klokkies mag jou lig helder skyn soos engelvlerkies wat […]
Januarie 2023 – Projek NUUT
Beste INKers Mag 2023 vir julle elkeen ekstra woorde bring, jul talent skerp maak soos ‘n tweesnydende swaard; mag die deur van jul harte en gedagtes geolie wees sodat die verse en stories gemaklik en sonder inspanning vloei. By die aanbreek van die nuwe jaar is die tema vir hierdie maand se projek enige van […]