My hart se storieboek
Ek bou vir jou ‘n huisie op die oewer van my hart Met bome en ‘n blomme tuin wat mooi is dag en nag Ek sal kiekies van ons tye teen my hart se mure hang En altyd daarna kyk as ek te veel na jou verlang Ek gee vir jou ‘n sleutel […]
Nooit ooit
Nooit ooit is ‘n baie lang tyd Te lank vir onthou om weer te vergeet, Te lank om te raai wat jy eintlik al weet, en te lank om die skadu’s van die lewe te meet Nooit ooit kom nooit weer verby Dalk nooit weer te lag of nooit weer te huil Dalk nooit […]
Vandag is die dag
Vandag is die dag waarop gister se seer vir ewig en altyd my nie weer beheer Vandag is die dag waarop ek weer besluit om nou en ook more die sleg uit te sluit Vandag is die dag ek sal aanhou probeer om my nie aan die mense se nonsens te steur Vandag is die […]
swartland se meisie
Vers 1: o die swartland, se heuwels is saggies geel getooi staan die deinserige, bloue-berge teen die lug tronend mooi, so kosbaar en so vier o die swartland, o die swartland se meisie is so mooi Vers 2: uit die klowe, en kranse val water in strome vloei die stille stroompies, skone water so saggies […]
Klaas se terugkeer na die kinderhuis
KLAAS se terugkeer na die kinderhuis Klaas ry by die kinderhuis se hek in, dieselfde hek waardeur hy ‘n paar jaar gelede feitlik weggejaag is. Hy onthou dit nog soos gister. En hy het dit verdien. Sy gedrag in die kinderhuis was, om die minste te sê, onhanteerbaar en openlik ongeskik. Hy was rebels, het […]
Onbekende Vriend
deurdie malende lywe met onbekende gesigte wriemel vreemdes in besige strate waar geen oog die ander vang die gewoel gaan aan elkeen ongeerg oor ander dan vries die oomblik een oog in ń ander die fraksie van sekonde is ń ewigheid eeue oue redes word ontbloot die wete spoel egter gou weg in […]
Vryheid met ‘n prys (Silwer)
Waar branders weerbarstig breek teen rotsrand van die bou-bloue see; sproei spattigspeel teen kliprots val en terugtrek in die water se maal, brekende golwe die wye strand bekruip; klotsend teen die goue sand duik om in skuimkomers weer saam te kom; in die see as eenheid saam te drom. So draai die lewe […]
My dag in die kollig (Silwer) (Woorde 983)
Die skemer het klaar agter die grense van die weste begin inkruip en die donkernag met sy spikkels van sterre het gelydelik verskyn. Dis ‘n soel someraand in Desember. Die voertuig kom tot stilstand in die skoolgronde. Ek klim vinnig uit, opgewondenheid borrel soos gaskoeldrank uit ‘n strooitjie in my maag. Vanaand verskyn ek en […]
Musiek magspel -As die musiek my gemoed verander. Silwer (227 woorde)
Melodie en harmonie – geskryf op ‘n musiekblad waar die note ingeryg hang teen die basis van swart balke tussen tessituur, maar sonder die kuns van ‘n instrument wat klank in ritme speel, of ‘n stem van ‘n sanger wat lirieke oor kan dra, sal melodie en harmonie nie ten volle hul doel kan bereik […]