Die Tupperware-Triomf: ʼn era van plastiek.
Die Tupperware-Triomf: ʼn era van plastiek. In die afgelope eeu is daar een naam wat uitstaan as simbool van uitnemendheid in voedselbewaring en voedselberging: Tupperware. Hierdie ikoniese produk het ʼn enorme rol gespeel in die manier waarop baie huishoudings voedsel bewaar, voorberei en geberg het. Tupperware het beslis in menigte huisvroue, wêreldwyd se harte gekruip. […]
GEVANGE
GEVANGE Ons wil vrykom van onsself deur dieper te delf soms sink ons nog laer en raak verder gebelg. Eeue lank smag mense desperaat na verligting breek roekeloos los van grense val dieper vas; inperking. Ongeag berekend of ingedagte knip oop opsies ons vlerke; waar vergrote areas mekaar oorkruis kleim die tande van euforie sy […]
Vir Elma. (SILWER)
Vir Elma in die diepe skadu’s van ons gene, versteek die sluimerende monster van abnormale seldeling groei van kwaadaardige gewas of tumor veroorsaak K A N K E R ! aaklige monster bedreig oud en jonk, alle rasse, mans en vrouens, ryk of arm my geliefde vriendin, stralende vrou van God … ook JY het […]
net ek en die wind
die son breek bleek oor die horison nog ‘n dag se lëe belofte sonder jou ‘n visarend eggo my hartseer oor kranse van beton en in die stilte van alleenwees snik my hart ‘n bitter traan @Amanda
My land, my lewe, my liefde
My land, my lewe, my liefde Ek ruik die rooi in die grond van my vaderland terwyl die son oor die veld en die horison brand en kwagga en wildebeest stof opskop in die Namib luister ek na die grys kwêvoël se gesanik oor die kranse en klowe word ‘n nuwe dagbreek belowe AmandaDM
Respek vir twee wiele Goud 518 woorde
Hippies. Takhare. Gamtoosvallei gommies. Ek hoor nog my pa se stem wanneer die ‘bikes’ verby die huis brul. Dan vryf hy oor sy yl hare en streel oor die letsel bo sy oor. Fietsketting. “Die bliksems het my vir dood agtergelaat”. Ek swaai my been behendig oor die 1200R BMW. Die koue staal klim deur […]
Verminderde Lewe
’n Plastieksak met drakrag drasak net-net gehou geskeur gepynig en weggegooi vieslik vervuil als verstop opgebruik nou giftig uitgejou opgefrommel bekrapte papierdun ’n kaartehuis ingevalde hopie nat in wind en weer vrot gemuf nutteloos soos lappop op die ashoop ©Anita van der Walt
Smekend
krakend brekend verwaarloos verdroog woordloos perkamente omring die siel soos reën sonder ‘n son, geen rëenboog droë druppels splinter verder snye diep verwond verward vervreemd ewig verlaat blitse wat diep slaan verbrand in die hart krakend kreunend kruipend kermend gee o grote God gee genade gee grootheid gee gesondheid gee Godheid gee, gee, gee labri […]
Leef u kind in ‘n warm of koue huis? (Goud) 522 Woorde
Hierdie vraag het niks met fisiese hitte en koue te doen nie. Die vraag wat u eerlik aan uself moet antwoord is: Is my kind se ouerhuis vir hom ‘n plek van liefde en aanvaarding? Is dit ‘n plek waarvan hy onvoorwaardelik deel is? Is dit vir hom sý plekkie in die (warm) son?” Jeugmisdaad […]
Uncle en sy birdbook
(Uncle is ‘n ou oom waarmee ek ‘n huis gedeel het. Hy was verwaarloos, weerloos. Eensaam en verlore. Oor ‘n tyd sal ek fotos van hom plaas, met vertellings van hoe ek hom ervaar het.) Oor hoe groot die voorreg is om iemand in sy laaste, (sal ons praat van maande?) tyd klein vreugdes te […]