ALTYD IS MOEILIK
ALTYD IS MOEILIK Dis maklik om niemand te verwond wat jou verantwoordbaar kan hou; geen glips ontvlug ooit jou mond want jy’s ingedril om ongeag bek te hou. Dis net so maklik om moeilik te wees deur jou aweregse streep uit te basuin as die nietige dinge van jou gees jou meer pla as ander […]
Volhard
Volhard geskryf deur Dale Penderis © 25 Mei 2022 my siel ken van winter weke aaneen, grou en grys dis wat die terugblik op my lewenspad wys maar nooit wil ek dít wat ek moes ly verruil vir n lewe met geen betekenis daarby want op elke moeilike pad wat ek deurstaan deur die krag […]
keer terug
keer terug geskryf deur Dale Penderis © vanoggend open ek my oë maar swaar maar as ek bly lê sal ek mis wat Hy sê Sy woorde wil ek graag bewaar skryf op wat jy hoor en verkondig dit wyd van die dinge wat kom van Noord en van Suid die Ooste en Weste ook […]
Gister
Gister deur Dale Penderis© diep in die holtes van die siel gevul met die oorbekende werklikheid smagtend na ʼn verwagting vir die onbekende dis daar, maar waar? dis iets, maar wat? soekend, smagtend niks, leemtes, verlange eet, eet, eet en nog eet die gemoed en die skaal sug leeg, leër, dolleeg eet, ooreet, verstop niks, […]
Augustus 2023 Musiek projek
Beste INKers Hierdie maand gaan ons die projek meer uitdagend maak. Dit gee almal ‘n kans om die winterys van die grysstof af te skud. Lees asb. baie noukeurig wat elke opdrag se vereistes en opdrag is. DIGTERS: 1. Skryf ‘n gedig van 18 lyne. 2.Verduideliking: 3 kwatryne 3 koeplette VOLTA: Dit is ‘n retoriese […]
Liefde bind mense saam.
Liefde bind mense saam. In ‘n wêreld waar dit soms lyk asof verskille ons van mekaar afstoot, is daar ‘n kragtige verbindingsfaktor wat ons as gemeenskap saambind: liefde. Liefde is daardie onsigbare draad wat ons harte aanmekaar vleg en ons verenig, ongeag ons agtergrond, kultuur, of die dinge waaraan ons glo. Liefde is vir my […]
Stukkende ouerskap
Stukkende ouerskap. Selfs net deur daaraan te probeer dink, bly vir my ondenkbaar! Wat dryf ‘n ouer so ver dat hy of sy eendag op die punt kom dat hul breek? Hoe vermoor jy jou eie kind? Hierdie “hoekom” maal oor en oor deur my kop as ek die nuusberigte lees van gevalle waar dit […]
Simpel sêgoed (silwer)
Simpel sêgoed My naam* begin met ‘n klankie wat ek nog nie goed kan sê nie want my tong wil nie bewend teen my boonste tande gaan lê nie. Meeste mense sou dit glad nie weet nie solank ek nie ge-ysde suiwel wou eet nie … o ja, of daai simpel “rooi […]
Transkribeerder (silwer)
Transkribeerder Alleen in die donkernag vind sy die stilte waarna sy smag. Drie verpligtingtjies op een bedjie sag sal in droomland kommervry skaterlag. Die hoftaal draal grof en gru en gutteraal. Kras en kru klink die klankbaanverhaal waarvoor hul R8,50 ‘n bladsy betaal. En so haal sy maandeliks net-net die paal (sy stroop […]
Die rol van oupas en oumas in kleinkinders se lewens.
Die rol van oupas en oumas in kleinkinders se lewens. Grootouers speel ‘n onmiskenbare en kosbare rol in die lewens van hul kleinkinders. Hulle skep’n belangrike band tussen die verlede, hede en toekoms, en hul teenwoordigheid kan ‘n diepgaande invloed hê op die groei en ontwikkeling van ‘n gesin. Die unieke verhouding tussen grootouers en […]