Die maalkolk
Die maalkolk geskryf deur Dale Penderis © Ek wil vir jou n liedjie sing sonder wysie sonder woorde hiér wil ek my gedagtes bring met geen klavier-akkoorde Ek wil vir jou n briefie skryf sonder ink sonder blaaie oor wat my soms na binne dryf sonder doekies sonder draaie Hoor jy die ritme wat nostalgies […]
die finale rondte
die finale rondte geskryf deur Dale Penderis © My gedagtes is soos n renbaan en gister jaag héél voor môre wil wil deurbreek maar word weer gou ontspoor hede doen sy bes hou gehoorsaam in sy baan maar kruie kort kort slakkegang en betwyfel sy bestaan hoop steek verby en por vir hede aan opnuut […]
hand vol pille
my kind luister na die stem van jou ouers as hulle goeie ouers is, sal hul jou pitkos gee daardie pitkos vir jou oudag, wat jy sal nodig kry teen die tyd dat jy oud word, sal jy wil onthou wat hul bedoel het met die pille vir jou oudag ©Teárlach.
Winterengel red skoolkinders.
Winterengel red skoolkinders. Lien Meiring staan en staar oor die werf van die plaashuis. Die ysige winterwindjie het die gordyne sag oopgewaai en die bleek strale van die son verlig haar kamer. Sy sukkel om helder wakker te word en knip-knip haar oë teen die helder lig. Sy kyk na die pragtige wit skouspel voor […]
Klimaatsverandering: feit of foefie?
Klimaatsverandering: feit of foefie? Die aarde staar ʼn onbetwisbare bedreiging in die gesig – klimaatsverandering! Dit is tyd om ons oë oop te maak vir hierdie werklikheid. Hierdie probleem hou ons toekoms in sy greep. Die vraag is nie of klimaatsverandering ʼn werklikheid is nie, maar eerder hoe ons hierdie probleem gaan aanpak om die […]
Ystertenk Denke
dun staal gerippel rond die roes tenk wat water uit diep grond hou na son hoog gelig in die kou bo gewerkskaf alleen bereikbaar deur leer stelasie te klim sonder hoogte vrese is ek bevry van laer waardes O, om in die winter bo-op die grys grou dun staal te sit in die helder kou
Wenners
raak hard vat is wen slyp jou geraamte tot ń herkenbare diamand ander is vuil gevlek deur jare se geskrop hul potensiaal is verlore ongeag kaarte van plastiek slyp eerder aan ’n eie animus* tussen al die stukkies gebreekte glas *animus s.nw. (Latyn) 1 Siel, gees, gemoed, wil, bedoeling. Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
Winterdood en die mens.
Winterdood en die mens. Winter laat my onwillekeurig dink aan die woorde van Eugène Marais: “O, koud is die windjie en skraal. O, treurig die wysie op die ooswind se maat …” Winter word ervaar as ʼn seisoen van koue, stilte en dood in die planteryk. Die mens se lewe verloop ook in seisoene, […]
Koue uur (Goud)
tydloos draal die uur kluimstom swartbrutaal bevries klipkoud wroeg die nag Andries Fourie 20.06.2023 Neologisme: Kluimstom – Woordeloos koud
Junie (Goud)
somber buig die blom ademloos voor koue vuur bloeibraak groublou kaal Andries Fourie (Seirdna) 20.06.2023 Neologisme: Bloeibraak – Sonder blom