onder konstruksie
nuwe oë om te sien plekke waar ek kan dien skille val elke dag af vir skeiding tussen koring en kaf grawe my ore om te hoor sonder om met waarheid te toor ingestem op lirieke van lof basuinklanke nimmer dof anker my lippe onthou my van wippe toom my tong so dikwels ‘n los […]
hoe
hoereerders belyn strate parlementariërs vervals grade wette word lukraak goedgekeur hofsaak op hofsaak daaroor gevoer meer kommissies van ondersoek voorvader geeste opgeroep hoe – hoe het dit gebeur jannie bring my geweer sy wit lisensie verbeur maar sy groen visier wys nog sekuur ©Teárlach.
Karavan
op ń vlakte lans ń grondpad sonder enige dorp met net stof as bure staan ń karavaan alleen op ń kruising trek die braaivleis reuk opsoek na honger neuse tussen hier en vêr voorskoot man staan vlytig op as sy rookmis my inkatrol vir ń volmaag sensasie rook seine uit horison fabrieke stuur stinksuur noodseine […]
Skurwe Bene
die stof wind skroei oor stoppel land en stoot die laaste vog in sand duie vas kinder bene vel is wind skurf geskroei en skilfer in wit vlokkies af onder wag ń nuwe vel dorre grond lê swanger met saad dié wind bring reën om ń nuwe oes te baar
Nog ‘n winter haikoe
die winterson bloei ‘n smeulende skemering voor die nag opgloei ©Loretta Szikra
Inferno van smart
Inferno van smart Soos note val as vuurreën uit die lug, dartel vlamme op my hartsnare, vorm melodieë brandend op die emosies in my hart, skilder vlamgrypers nou beelde diep in my sielesmart gebrandmerk om my op vonke te laat kadriel jou naam geêts op my siel. ©️Riana Crafford
gedeelde smart
gedeelde smart geskryf deur Dale Penderis © liefste vriendin ek bou vir jou ʼn on suite in die kamer van my hart waar voltraan krane vrylik vloei oor gedeelde pyn en bittersmart kom stort die seer van gister in die skoon geskuurde waskom uit begrip vir al jou leedwees wat uit my eie menswees spruit […]
maplotter tot prinses
maplotter tot prinses geskryf deur Dale Penderis © vanmelewe se dae in my jong-dogter-tyd uit onkunde gebore my onskuld kwyt verworpe verstote vervreemd verwaaid vroeg-vroeg alreeds met ma-wees belaaid my terugkyk na gister het my een ding geleer elke beproewing slyp jou net meer en meer in dit waarvoor Hy jou geroep het te wees […]
ʼn kookseltjie herinnering
ʼn kookseltjie herinnering geskryf deur Dale Penderis © vanoggend is net anders nie vanweë ons Strand se witskuimbranders maar die ritme en stoom wat my vroegoggend wek deur gister se spore bedek borrelend uit ʼn ou koester plek oorgekookte herin’ringe uit vergange se dae toe die karootrein vir my fluit tussen kaal bos en kluit […]
Uitkomste
DNA geheue is ingeburger deur geslagte se verwoestings dade, oupas en oumas se sorgelose nalate gesamentlik lê alles in die my onderbewuste ongeag beter wete dryf dit besluite en swaai die skaal na chaos lae kennis is verkry deur geslagte se toepassing van beste metodieke, die oordra van voorgeslag welwillendheids verhale die lê ń padkaart […]