Jongste aktiwiteit:

onder konstruksie

nuwe oë om te sien
plekke waar ek kan dien
skille val elke dag af
vir skeiding tussen koring en kaf

grawe my ore om te hoor
sonder om met waarheid te toor
ingestem op lirieke van lof
basuinklanke nimmer dof

anker my lippe
onthou my van wippe
toom my tong
so dikwels ‘n los klong

ontkreukel my gedagtes
reinheid het daaroor vele klagtes
poleer my helm daagliks
vir beskerming weekliks

troos my met aangename reukwerk
herinnering aan die diensmerk
verlustigging in die toonbrode
geurige genade bode

© Francois Meyer 2023




My naam is Francois Meyer, getroud met n pragtige vroutjie, Jessica. Ek is n trotse pa van vier seuns. Die kewe is ryk aan kosbare waarhede wat ons gedagtes daagliks vul. Soms het ons die moed om dit op papier neer te pen sodat ander dit kan lees. Hoop jy geniet die lees soos ek dit ook geniet!

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Rika Gerryts het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak