Die Woo-Woo van musiek en klank
(Woordtelling 615) Daar is baie tye wanneer woorde net nie die regte ding sê nie, of dit kom verkeerd uit, of dit word sommer net verkeerd verstaan. Maar wanneer woorde bloot net nie genoeg is nie, kan musiek en klank ook met ons praat, dan nie? Daar is iets aan musiek wat mens se […]
Delictum (Goud)
in die suiwer son kon ieder sien wie het die podium verdien maar toe die skemerskadus daal verskiet die ster se skyn na vaal in die oewermag se maanblomplant se galgehand lê wenkontant en deur haar vingers val daar name wat bloeiend buig in afskeeprame die woordengel staan vraend daar toe veritas dié baster baar […]
Vrydenker (Goud)
gedink daar’s tot in vierkante ook vryheid in hul hoeke vasgesmeë veral daar waar hulle buigend lepellê in ‘n huisie by die see en in die dans van onopgetuite lawwe mense met kleurpalette om die lyf teen silhoêtte van wit mure met rooi stoepe blink gevryf daar waar watte-wit spookasems wolk en deur ‘n priemblou […]
Koue Komberse
in droomhuise lê onmin stil tussen wit warm komberse deur vensters uit onbekende rigtings wink koel briese buite die pad glad teer gesmeer as snel uitweg
Sprokie vir ʼn stadskind
(Woordtelling : 492) Wat ʼn verlies was die afsterwe van Koos du Plessis tog nie. En selfs amper 40 dekades later is daar steeds geen ander sanger wie se liedere my so kan aanraak nie. Om ʼn enkele een uit te sonder wat my aandag vasvang kan seker niks anders wees as “Sprokie vir […]
Migrasie (Silwer)
migrasie daar is ’n wit weerligwals teen die noordelug en die wind ruik groen wat oor die vlaktes waai ’n aankondiging wat sê die reën is terug en oer-oue drange in hul bloed losdraai met oë wat verlangend wind-op staar kom troppe van oral oor bymekaar hulle golf na waar nuwe weiding is maar die […]
vlieg innie-sop
wat ek kan onthou as ek my geheue vertrou is jou hooghartige uitkyk wat altyd lagwekkend lyk jou selfgemaakte verhoog in eiegeregtigheid geloog die oë nie oop en helder net afkyk en kelder dan sien ek jou vandag steeds dieselfde en ek lag as leeftyd jou nie nederigheid kon leer sal saligheid jou ontwyk […]
Onbekende
met onbekende gesigte wriemel vreemdes waar geen oog die ander vang die gewoel gaan aan elkeen ongeerg oor die ander dan vries die oomblik een oog in ń ander die fraksie van ń sekonde vang eeue oue logos* vas dan spoel dit blitsig weg in die straatgeraas *logos s.nw. 1 (soms met ‘n […]
vryheidswaan (SILWER)
vryheidswaan uit donker dieptes klouter golwe hemelwaarts as branders baljaar in kobalt en koringblomblou sal seesand skuimend skuur aan brandersoom wyl die seegolwe meen hulle is vry om te vloei eb en vloed word inkorporeer deur wenteling van planete en sterre in hul vlietend vlug die ruimtes in verskietend soos ʼn komeet skuim […]
In die Hemel
Gesing deur Juanita du Plessis: In harstseer oomblikke en tye van relings tref, nadat ń verrassings partytjie eintlik in ons relings moes inpas vir ń 70 verjaarsdag het in twee en twintig dae verander na ń begrafnis relings uittog, in plaas van ń verrassings partytjie. En te midde van groot opgewondenheid, het dit verander na […]