Wessel se werklikheid
Wessel se werklikheid Wessel word wakker met die gekletter van voëls in sy ore. Toe hy sy oë oopmaak, kyk hy vas in die tak van ‘n boom waaraan daar bloedrooi appels hang. Nog nooit in sy lewe het hy sulke besondere rooi appels gesien en sulke perfekgevormde blare nie. Hy staan op en pluk […]
spesiaal
daar is spesiale mense hul is besonder dun gesaai elke gemeenskap het hulle elkeen sal hul herken volgens hul lig in die lewe mense wat omgee dikwels meer omgee vir hul medemens as vir hulle self onbaatsugtig onbemind geen lofsange vir hulle begrawe in ongemerkte graf onverstaanbaar vir die meeste gaan hul […]
OM TE VERSTAAN
Die mens is ‘n komplekse unieke wees. Wat verstaan ons van dinge wat ons nie verstaan nie ? Ons wonder altyd oor die onbekende omdat dit vreemd is en ons nie weet wat om te verwag nie . Enige iets waaroor ons vrees staan bekend as die onbekende omdat ons nie kennis dra daarvan nie. […]
“Robbing Hood”
subtiel jou woorde gevestig op mense gier elkeen wil ‘n “bargain” hê lokvink speel jou rol sit jy arme siel wat soek jy sal kry wat jy nodig het wees geduldig en tevrede stap op moeisame pad gedienstig, geduldig gedweë stap lam-skape op aangewese weë so eenvoudig, stom en dom laat […]
besigheid. (Nie vir die sensitiewe oog nie)
geld wat stom is maak (nie) reg wat krom is leiers van vrye wêreld is steeds die grootste mees aktiefste sakeleier in kinder-seks-verkope meer as vier honderd geregistreerde kinder-verhandeling sakeondernemings in VSA alleen in die oog maar uit die hart soveel ooglopende besighede versprei oor hul wye land versteek met hoogste […]
Pais en Vree
Die sagte omhelsing van duisternis verwelkom my elke aand in stilte ek wikkel my styf toe in my kombers van saligheid laat die slaap my oorkoepel soos die wingerd die prieël omhul hier in die inkapseling van die nag vind ek rus en vrede so sus ek myself in die kalmte van die duisternis se […]
Kwantumsprong
in ’n ongekarteerde doolhof van paradoksale neologismes kwantumsprong my denke na onbekende rympatrone … ——-oo00oo—— ©Pieter Mostert [Silwer]
WINTER
Winter het jou asem kom opeis die koue wat platvloers kom smeek op die sementvloer die hitte word verdryf met jou laaste groet ek soek na jou stem wat net ‘n fluistering was in die wegspring van Junie het jy die wedloop verloor jy het nie handdoek ingegooi nie jou einde was meeste se begin […]
weemoedige druppels
sag sif die druppels reën op deurnat bas lê koue wit nuwe groei kruip en krul vul die lug met nuwe geur natuur vorm ‘n boodskap van blydskap onder smarte in elke totsiens ‘n nuwe groet weemoedig maar vrolik vul aarde en vermeerder met jou kinders se kinders ontwikkel en verbeter alles […]
Die wiel van die Digter
spiraal Sy diggenre in die uitdyende kosmiese gewelf orden Hy uit wanorde toonset oneindigheid en liriek die ewigheid van sy skeppingsgedig in vloeiende strofes die Digter laai die nag- en daeraad af tel die dae op in weke verdeel hul in maande vermenigvuldig hulle in jare en liasseer hulle in seisoene tussen die blaaie van […]