Genoegdoening (brons)
klanke brom ha-bum ha-bum dit is hoe sy naam warm wikkel in haar lyf ha-bum ha-bum sy deuntjie lek die binnekant van haar bek wat kosmies breek terwyl swaar vibrasie nooit vergeet ha-bum ha-bum woel hy teenstrydig met haar eenheid soos nagte se oë wat vol geskiedenis op nuwe gesigte droom ha-bum ha-bum © 2024 […]
WAAR VIND JY GELUK ?
Wanneer ‘n mens gee is dit in oorvloed. Hoe meer jy van jouself gee hoe gelukkiger moet ‘n mens voel of nie ? Mens vind daai warm ekstatiese gevoel van geluk as jy ‘n oophand het of net liefde gee en dan word jy beloon met ‘n glimlag vol dankbaarheid. Hoe meer ‘n mens van […]
Vuurvliegieliefde
splinterdruppels vlammetjies vuurvliegie vlamrooi bakhand vuurtjie uit my hart tongetjie-gloed die saggolwende duinewiegie kletter die stilte van die nagkaros se swart die hand van my hart gloei liefde vir jou splinter-vreugde vuurvliegie die nag vlam-gloei ons kinderdrome hier gebou tonteldoos jou belofte om vir my te wag nou sit ek hier alleen, sterre splinterreën lewenslyn […]
My liefling
kom ons droom weer saam onder die Kgalagadimaan onder die sterre se blink waar die wind se boodskap deur die gras klink waar die melkweg se raam in die spieëls van jou oë baan en ons liefde as kind tussen die duine vrede kon vind waar kameeldorings skadu’s sambreel vlammetjies hardekool ons harte heel en […]
Mei 2024 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 11 lede! WENNERS GEDIGTE BRONS. 1.NO 6 Marthie Joubert met Jy wen GEEN SILWER NO 13 Colin Steyn met Dis is so NO 34 Elize Kruger met Lief soos die Kaap NO 7 Charles Skeen met Gewaarwording GOUD. NO 24 Loretta Szikra met Einde herfs […]
mistroostig
kibbel kabbel reēndruppels teen sinkdak laat spoortjies oor stofbelaaide glas musiek van die wind wat daar waai prent rustigheid in my gemoed gee spoed aan my verdunde bloed kwik sak in rasse skrede fyn sneeuvlokke sif uit die mis land sag op die dorre sand duine klanke van bibberende voëltjies wat nes skrop […]
JY IS
Jy is die hoop in my sonsopkoms die geloof en liefde in my oggend gebed die amen in alles wat ek vra net vir jou kon ek sê ja Jy is my aandster die vrede wat in die melkweg lê die nag geluide wat weereens die belofte van môre onder ‘n sterrekombers laat lê Jy […]
Julie 2024 – OOP projek
Beste INKers Thomas Edison het skertsend gesê: “Daar is geen reëls hier nie – ons probeer iets bereik.”* Dit is hoe ons dus hierdie maand se projek gaan aanpak. Daar is GEEN reëls of voorskrifte nie. Daar is ook GEEN tema nie. Wat ookal in jou hart of jou laai verpak is, en jy ‘n […]
Verkenning van ’n nuwe horison.
As klein kinders het ons altyd donker kamertjie gespeel. So is ons op jong ouderdom al gefassineer deur die onbekende. Die donker kamer, die nuwe skooljaar, die eerste werksdag – almal was ’n onbekende gebied wat ons met huiwering betree het. Dit is in ons aard om te ontdek, te leer en te verken. Maar […]