Waar was jy? Goud
Waar was jy? Waar was jy mamma toe ek my eerste tree moes gee, toe ek onseker en skaam die skool se stoep moes betree? Waar was jy mamma toe my voetjies sag soos vlindervlerke oor die dansvloer Mozart-ritme gegly het my oë soekend in die skare na ‘n afwesige jy? […]
Ongetiteld: Senryu digvorm (Goud)
elke nuwe dag bring ‘n flikkerblink begin vergewe jouself ©Loretta Szikra
Lewenstenk
die heeldag steek ‘n woord vas soos ‘n knoop in ‘n das soos ‘n hartseer in die keel maar dit is gelukkiger om te deel ‘n klein woord met groot betekenis ‘n woord met aksie wat groot is daar is net Een wat dit kan beheer dié woord red ons van groot seer […]
Soos swaar klippe.
Lien Meiring het haar arms op die plaashek geplaas, haar blik oor die uitgestrekte koringlande laat gly. Die laatmiddagson het die koring soos goud laat skyn, maar die glans het nie tot haar gemoed deurgedring nie. Gewoonlik sou die geur van vars grond en die warm sonlig haar siel streel, maar vandag was anders. Die […]
Hawe
warm sand gly oor voete, tussen tone omdraai die laaste gedagte kom steek jou voete in vlak en koel af, lafenis is die nou gedagte ń watermonsterrippelrug lê in ń dun skuimwit streep asem bo water die angs gedagte water knaag om voete salpeter stekies kuite al hoër oorlewing nou al gedagte
Plaaspad
ń grondpad kronkel deur oop veld oppad na boerebeskuit en soet warm koffie die sitplekke vou warm om boude in die luim vry atmosfeer harte stop lippe stamp seer in dié eerste soen sonder sonde rede oor die winterveld flits gevaarligte die gemeenskap nooddienste is daar om dié pasiente siek te verklaar
tewens
guitige gedagtes lei na stuitige woorde beheb met al jou temas pleeg jy talent moorde oorspronklike denke versteekte kanse oorvloedige rym gedwonge parende pyn tewens jou leuse is daar ook nog ander nie beheb met jou keuse ononderdukbaar talentvol sonder bindende leestekens wat inisiële denke bind in argaïese verbande wat oudmodies jare lank […]
AASVOëL-RESTAURANT (Brons)
AASVOëL-RESTAURANT Ons vriendskap het uitgebloei soos ‘n keel-af skaap in die droë Karoo en wantroue lê doer eenkant soos ‘n brandsiek hond sonder hoop; die gif van jou woorde het my aan die hart gebyt en nou lek ek my wonde soos ‘n afvlerk hoender wat probeer nesskrop in die mishoop van teleurstelling – […]
Verstoteling
Brons kategorie Verstoteling asseblief meneer! ek smeek jou…ignoreer nie my wéér probeer my net té min… lê sonder hoop op rente al wat ek vra, is jou aanlas, rondlê sente duidelik lê onsigbaar, die skeidingsmuur tussen pleit en afsku, dag vir dag verduur koue oordeelskyk vanagter gerookte glas definieer mý, vernederend tot ‘n ánder klas […]
Nié vir my
Brons kategorie Nié vir my my salaris joune… máánd na máánd verruil vir slapelose rondrol nagte oor verspulde rand gewetenloos teer jy op hardverdiende noot jou rente vreet… selfs ‘n laaste stukkie brood jý…soetste heuningstroop verwoes stilweg soos jy oorgemaklik inloop jou aangename smaak wat té gou verdwyn los ‘n bitter nasmaak waar spyt sy […]