Spring Clean (Brons)
my huis se mure kreun en span en bult soos opgeblase wange weens die opgegaarde gemors van die rommelversamelaar extraordinaire stapels papiere tot teen die plafon hou register van vergeelde flaters hul hoeke gekrul en ink dalk verdof maar binne bereik met effektiwiteit wat nie eens dewey kan klop wasbalie tot barstens gestop met die […]
Prosopobiblion
regte-egte boere vriendelikheid kos niks soos jare verpand word met ouderdom volg elke nuwe gesiggie my terstonds telkens sien ek nuwe, varser gesiggies word ons vriende oor die wye-bene-net verseker is ons nie almal boesemvriende verseker dink ons nie almal dieselfde nie gedagtes, woorde en emosies vry gedeel oor […]
In die sop
(Woordtelling : 1276) “Hallo, my naam is Ano en ek is ʼn verslaafde.” Dat dit ʼn verslawing aan daardie liederlike Chinese maatskappy is, noem ons liewers nie in opgevoede geselskap nie. En dat ek openlik sal erken dat ek skuldig voel, sal ook nie gebeur nie. Dis nie die klere wat ek aantreklik vind nie, […]
poli(teer)
al druk die seer soos ‘n ontsteekte splinter wat sweer geel tot net onder die mens se vel ten spyte daarvan borrel die optimisme soos ‘n onblusbare suurdeeg deur volksgemoed speel-weer-en-weer kort-kort in die geheue van kop-uit-die-sand parate sielsgenote wat afrika verken mag die hoop niemand beskaam wat hul waardes in […]
Donkermaan
In die stilte van die nag as alles donker silhoeët in die fyn spoortjies van die donkermaan, dan neem my gedagtes ver wandelpaaie na alles en na niks wyl soete slaap wegkruipertjie speel nie wil huistoe kom nie. ©️ Elna Kruger
Tyd se trane.
Tyd se trane. Die eerste traan het onverwags oor Lien Meiring se wang gerol – ’n enkele, stil blink druppel wat soos ’n klein kraaltjie op haar skoot beland het. Die kamer om haar was stil, die geluide van die buitewêreld gedemp deur die dik gordyne wat liggies in die briesie beweeg het. Die enigste […]
bellicositas
vir eeue al rol jou kronkels met sensiële reëlmaat soms byna onsigbaar in sekere progressie beweeg jy vorentoe ewig sluimerende aggressie jou peristalse dreig om stede lande en kontinente met reuse oop kake in te sluk en verteer niks om jou te keer om oorlewendes te vomeer op onsigbare horison se […]
Fragment van jou
Wanneer jou mondhoeke glimlag in harmonie met jou oë; wéét ek die note in jou glimlag is strelende lerieke in Getoonsette Liefde, binne die Ikoon van Medemenslikheid; Lankmoedigheid; Aandoenlikheidheid; en Getrouheid wanneer jou mondhoeke glimlag, lees ek ‘n fragment van jou ——-oo00oo——- ©Pieter Mostert