geur
wat is die geur van lewe
elke eerste bewustelike teug
by die oggendstond
.
die geur van blomme
wat die droë veld hernu
na eerste reën se val
die geur van sout
gedra op die oggendbries
met sonstrale daarin
.
die geur van koffie
met boerbeskuit gedoop
ewenaar met smaak
.
die geur van ‘n sipres
waarlangs die stoet gaan
om laaste eer te bring
.
die geur van ‘n baba
wat sy eerste geluide maak
so skoon soos lewe
.
die geur van liefde
wat alles wil omhels
en net een word
.
die geur van moepels
geel onder boom verstrooi
in gefladder van vlerke
.
die geur van jouself
teen die duin se kroon
eerlike arbeidsloon
.
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.