
poli(teer)
al druk die seer
soos ‘n ontsteekte
splinter wat sweer
geel tot net onder
die mens se vel
ten spyte daarvan
borrel die optimisme
soos ‘n onblusbare
suurdeeg deur
volksgemoed
speel-weer-en-weer
kort-kort in die geheue
van kop-uit-die-sand
parate sielsgenote
wat afrika verken
mag die hoop
niemand beskaam
wat hul waardes
in hul eerlikheid
leef en beaam
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.