Jongste aktiwiteit:

Prosopobiblion

 

 

regte-egte boere vriendelikheid kos niks

 

soos jare verpand word met ouderdom

volg elke nuwe gesiggie my terstonds

 

telkens sien ek nuwe, varser gesiggies

word ons vriende oor die wye-bene-net

 

verseker is ons nie almal boesemvriende

verseker dink ons nie almal dieselfde nie

 

gedagtes, woorde en emosies vry gedeel

oor die eter van hedendaagse vrye media

 

daagliks word mense se data skelm gesteel

persoonlike geskiedenis word ook verdeel

 

skelm – valse bakkiese word voorgehou

veral onder oujongnooiens, wewenaars

 

bakkiesblaaie se hoekie-vir-eensames gedy

tannies en omies sit beste voetjie voor om te verly

 

tog, kom daar heelheid ook soms na vore

persone met hul boodskap van hoop en liefde

 

logaritmiese valse verskuiwing van klemtone

regeer heeltyd die kom en gaan van gebeure

 

wat het ons mense gedoen voor “facebook” ?

wat gaan ons bitterhartjies daarsonder doen?

 

eensklaps word dit stil – word vriende negeer

gryp terug na skrywes wat nie meer bestaan

 

so is die ontgogelde wêreld met sy vryheid van spraak

een veel-eindiggende speel-weer-gedig oor die draak

 

Ó Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak