Al weer hartseer gekoop
Al weer hartseer gekoop duidelik in my te sien in my trane se loop wou net so graag mense help Haar ysigheid bring weemoed wrok en onvergenoeg ly tot tranedal se watermerke bedroef, geween en patos Bid huilend dat vrede kan herstel al my probeer eindig stukkend weer met trane myself opgetel eerder kniel vir […]
Gedig van n’ ou staaltjie
Brons afdeling Gedig van ou staaltjie wat eindig met dankie arm man wat vra vir skoene by iemand sonder voete Trane wat loop oor wange met diep wetende verlange God ons Redder is in beheer vyand kan hom nie keer Sien mense wat net meer ontvang visie om meer bymekaar te maak glad nie eers […]
Droomkind
Kom ons kyk hoe ruig die wind sy spiraalhande om jou, my kind. Droomkind- klép toe jou oë; lê by droom gedagtes jou dade neer en laat hul groei. Wit is die wolkies grys in die na-nag; want gister was… ‘n asvaal-jas. ©Morné du Preez Goue afdeling
moeder
vier keer het sy gebaar regte vrou – regte tyd harde bene gekou maar was getrou in wit getooi confetti gestrooi oor twee dogters en twee skoondogters troubelofte gelewe vorentoe gestrewe hard en sinies geword weer sag en beslis geraak lewe is ‘n stryd van sterk vrouens wat soms vir almal sterk moet […]
olie kolonie
water van Keulen jy ruik lekker my vrou volksetimologies uit frans Trichardt praat van oude kolonie uit ons verlede – agtien-agt-en-dertig was die olies ook maar net vars kon almal daardie reuk vat baie versmorende effek op my neus in die kerk ou tannie kolonies met wit poeier versmoor sing vandag nog in […]
Blou poffer dans #brons
Blou poffer dans Van pyn tot pille het jul my gedryf twee afkop toontjies onder aan my lyf ek pirouette nou soos ‘n wafferse flamink en twiet verbete soos ‘n eenpootvink ek doen die skuifel skuifel dans met windpomp arms vir balans ek jaag resies teen lui slakke en krap vir kos op die onderste […]
spektrum (Silwer)
sekondes vul herfs se palet met vars gebeure en geure; roep jou tot halt om op te let minute gun blare ‘n volkleur ballet dalk om te treur of om op te beur? niemand kan hul dié dans belet ure sleep voort met geen violet bagger diep deur somer se fleur verstard na ontklede houtskelet […]
saaklik
gedagtes en drome geen verklaring daarvan hoofsaaklik oor emosies spesiale gedagtes verander soms vreemdste sêgoed hommelby se gezoem-goed saaklikhede wat tel maar ook na gevoel oorhel dinge wat saak maak wat iets beteken vir iemand iewers is dit saaklik bly dit by gedagte sweef dit oor die eter ver van werklikheid het dit […]
is wat was
vergesigte gedagtenis hoevele daarvan beleef eers was jy warm van gees troebadoer van nuwe idees slimmer as almal voor jou tot jou jare jou ingehaal jou vrolikheid gedemp het wat oorgebly het dalk net optimisme wat skemer selfs daarin lê ‘n les soos sand in tydfles uitloop en verloop sand wat jy nooit […]
sensasie
verbasing op jou gesig uitsonderlike gedagtes uitbundige vreugde vir iets nuuts onge-ewenaarde reaksie wat sal ons nog kan tref alles wat aandag trek beginsel van media kul jou hier kul jou daar alles is nou mos waar olifante met mierkoppe kameelperde wat mekaar abba mense wat op wolke staan politieke professieë galore alles […]