ewigheid
skoonheid, veldiep – skeldiep hael verwoes selfs oumanshuis verspoel en verberg hul met gruis verarmde, omarmde – verdiep seemeeu gedagtes sweef hoog ver oor die deining, skepper se heining onder die verste ewigheidster belyning seevoël se siel wat steeds betoog los van ‘n wêreld wat wyd verarm grille van die skepping […]
Oom Jan Hoenderkop
mampoer in rugsak visstok in die hand “demn! ek is Hoenderkop Jan! vandag gaan ek daai groot vis vang!” mampoer-lirieke sopraan sovêr hy gaan sluk-sluk filosofeer hy van klip tot klip asof hy met elke teug die wêreld vreug ’n ritsel in die gras laat sy leep-oë skrefie-trek ’n slang wat ’n padda probeer sluk […]
Parlement in sitting
Op die grens van Oupa se werf penorent baksteenvaal eenmans-lokaal sinkdak klip-beswaar skuins-afgeplat eenmans-parlement op ’n ring-sitting-gat wit gebank agter geslote houtdeur groen geverf geen Speaker om sittings tot orde te roep kreun-steun is gewigtige sake bespreek hardlywige ekonomiese sake is debatteer sou die opposisie ’n mosie van wantroue teen jou steun-kreungeluide instel word die […]
Die honger haan
Op die stoep sit Jan en Faan, blink gedrink; springmielies eet, saam‘dop is top. Hoe later hoe meer knik-knik hul kop; hoog sit die son na hul dagtaak en wink. ‘n Hoenderhaan fier-pronk bronstig-astrant; jaag ’n hen oor die werf van hoek tot kant. Hy moet haar vang om sy brons-lus te blus; fladder-vlerk kê-kê-kê […]
stik
stik, stikker, stikste plak, plakker, plakste wak, wakker, wakste kwak, kwakker, kwakste kop-in-die-sand kan ek aangaan op my duin se stikste nag, doodsdonker heers die lug se varse geur, bedwelm dit my miopiese bestaan, stiksienig wil ek onverskillig, dalk domastrant stik aan buitenste rand van lewe soos my siel dit sien in stukkende […]
was jy ook al daar?
Vrede op aarde Die wind het gaan lê. Son steek vir oulaas vlieswolke aan die brand dwarsoor die Manghetti. Oujan – ‘n oorgehaalde skaduwee langsaan my – het iets gewaar. Hulle is hier! My bloed bruis onstuimig terwyl ek suutjies die patroon in die slot glip. Stil skuif hy agter die kruisbessie uit. Ek hoef […]
Leë arms met vol hart.
Ek was skaars agtien toe ek Kobus ontmoet het – op daardie groot, vakansieboot waar almal te veel vryheid gehad het. My ma sou my nek omdraai as sy geweet het ek drink. By ons huis was drank die duiwel homself, en ek het dit gevrees… tot die eerste pienk mengeldrankie my soos ’n warm […]
ouderwets
ouderwets sit hy op sy duin gisters en eergisters pronk op sy voorkop gedagtes vorm stadiger as voorheen alles verbleik voor ‘n spierwit maan antiek lyk sy figuur en alleen rond waar reguit behoort te wees hare kort gekap met spitsbaard ongewoon en ouderwets soveel jare, soveel plooie oudmodies, verouderde aangesig […]