Die kwessie van genadedood in ons kontemporêre samelewing
Jare gelede toe ek en ’n jeugvriend van my, Frans du Toit, nagraadse studente in Teologiese Etiek aan die Universiteit van Suid-Afrika, (Unisa) was, moes ons ’n skripsie inhandig wat handel oor die kwessie van genadedood vanuit ’n teologies-etiese gesigshoek. Onlangse gevalle van genadedood, (soms ook “eutanasie” genoem), het my denke geprikkel om weer nou, […]
Ek mis jou…
Wanneer ek nie meer die storms kan beheer nie en dit my soos ‘n vloedgolf tref waar ek sielsverlate sonder jou –my reddingsboei– hopeloos in die oop see met my emosies stoei en paniekbevange in bodemlose waters trap wyl ek spook en spartel om aan iets tasbaar te klou; wil ek op ‘n klipkrans staan […]
As jy my vashou (Goud)
My lief, ek wil jou vashou ek wil jou troos en vir jou liefkoos ek wil vir jou die maan agter die wolke gaan haal en elke aand hand aan hand tussen die sterre verdwaal waar ons sweef tussen planete en saam lugkastele bou ek wil elke greintjie van jou psige van seerkry weerhou en […]
‘n Afrikaner in Rooinekland se skadu #brons
‘n Afrikaner in Rooinekland se skadu Tyd stap aan soos Celliers se osse van ouds — geduldig, gedienstig en gedweë. Al klap die sweep, al skree die drywer, laat tyd hom nie aanjaag nie; en die wawiel hou aan draai. Tyd loop soos ‘n liedjie van lank geleë: “Links, regs, links, regs, aanstap rooies die […]
Altyd nuut (Brons)
op die tong van ‘n kappertjieblaar rol vars douwoorde silwer gerond en as jy luister na hul fluister sou jy weet gister’s verby -dis klaar- die son beloof ‘n nuwe begin vroegoggend waaierstert sy speke my dankbaarheid sal hy verstaan as ek tog maar net in geel kon sing in blare takke kwetter […]
wete
wanneer geloof getoets word met terminale besef deurdring aardse vrees die mens se psige oorspoel dit alle begrip van tyd en ewigheid spoel dit wyd om alles wat jy al ervaar het selfs in diepste moeras van vertwyfeling gloei strale van hoop gebore in geloof aardse kennis word daagliks verstom met hemelse glans […]
hipotese van lewe by die see
in die wind van November op die koue see met snoek met die gevaar van misbanke tot vreugdevolle aflaai op die kaai veranderende elemente is altyd daar as weer nie verander nie dan bly dit soos dit is so is die mens van kind tot adolessent, tot grootmens altyd deel van kultuur […]
Die tinktinkie op my voorstoep Goud
Die tinktinkie op my voorstoep Hoekom ma. Ek was nog kind. Sestig was toe stokoud ma. Hoekom toe ek jou die nodigste gehad het? Die kinderlike onskuld van n klein dogtertjie. ” Liewe Jesus asseblief, laat ek darm net 40 word en my mamma 60… dan is ons oud, dan kan jy haar maar vat”. […]