Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

Die tinktinkie op my voorstoep Goud

Die tinktinkie op my voorstoep

Hoekom ma. Ek was nog kind. Sestig was toe stokoud ma. Hoekom toe ek jou die nodigste gehad het? Die kinderlike onskuld van n klein dogtertjie. ” Liewe Jesus asseblief, laat ek darm net 40 word en my mamma 60… dan is ons oud, dan kan jy haar maar vat”. Hoekom!? Hoekom het die Vader na n dom kind geluister?

Ek wil jou arms om my voel mamma. Ek wil jou ruik… al is die 4711 gemeng met rook. Ek wil weer klein dogtertjie klein op jou skoot sit ma. Jou hartklop teen myne voel. Die sweetdruppeltjies in jou nek saam met die sout van my trane oor my hand voel drup. Ek wil JOU asem mamma! Ek mis jou.

Die klein tinktinkie wip sy stertjie. n Fyn donsveertjie sweef tot by my voete. Ons tinktinkie mamma. En ek weet jy hoor my. In die oggenbriesie klou daar n 4711 asem en vou die mis my toe soos jou blou blokkieskombersie.

©️ Amanda de Meillon

#4711 was ons gunstelling reukwater.





1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed