DIE LIED VAN DIE REËNBUL (’n Boesmanstorie uit die hart van die Kalahari)
Die nag het soos die vlerk van ’n reuse uil oor die Kalahari gevou en die rooibruin sand van die woestyn het nog die uitmergelende hitte van die dag tussen die kontoere van sy duine vasgehou. Triljoene sterre het soos vuurvliegies aan die naghemel bokant die duine geskitter. ʼn Klein Boesmangemeenskap van die Kalahari het […]
Ai Spaai vrugteslaai Goud
Ek proe die geel van kaalgatperskes in die warmte van die son ruik die volrooiblos van ryp granaat in die Ceresberg se kom uit die wingerde van Wupertal dans die sap van swart robyne knus hier op my tong tussen wingerdboord en soetlemoen drup die heuning kopersoet aai spaai vrugteslaai my vingers liplek taai ©️ […]
klits en kluts
in besige ure kan jy vinnig van albei kwyt raak, voor jy nog besef veral as jy eers die klits verloor daarna skoon van die kluts kwyt raak met gedagtes wat ophoop in my kop sit ek en staar oor die see verlede se gedagtes ry my soms bloots slegs geloof-saal en stiebeuels […]
Bokmakierieklanke
geen eentonigheid vir jou waar ek sit en peins op my duin dra jou vrolike klanke my gees hoog oor die duineveld en see ver oor horisonte van blou daar, ver onder ‘n ster wat plek aanwys wat vertel van Hom Hy is gebore gestuur en verguis uitgegooi uit gemeenskap beskinder, geslaan en […]
hagedash
met die klanke van die hadedas wat weerklink oor huis en vallei ontwaak my siel sweef ek saam oor duineveld en see-geweld golwe druisend met agterwind wat waai en draai pluime wit skuim wat uit draak se bek slym oor gisters en vandag se mōre-groet waarin ek my woorde stilletjies vind © […]
hef aan
hef aan lê nog voor op jou pad van vreugdevolle oumensjare lê daar wie weet hoeveel daarvan nog voor met elke skugter vroegoggend sonstraal word daar seën mildelik uitgestort groei dankbaarheid met skredes wat geen mens kan bepaal hoe lank nog is versugting hoeveel ure, dae, maande van bewustelike lewe gaan daar wees […]
deursigtig
versugting op versugting boodskappe wat trane bring nader en nader aan die jaareinde alles en nog wat gaan spoedig verby is alles deursigtig of dalk deursugtig almal wil alles tot op die laaste hê elke oomblik van plesier uitbuit elke genotvolle ervaring leef dan kom alles tot stillstand by geboorte van ‘n Kind […]
Oorlewing
Ek het deur pynlike skadu’s geloop, stille gevegte het my in die reën laat staan met swaar herinneringe wat ek nie kon laat gaan, want die stukkende dele was sonder hoop. Elke litteken dra ’n boodskap; ek het oorleef elke traan was ’n les wat my laat besef, ek is besig om weer een te […]