My wasgoedpennetjie-dae: Brons Maart 2026
Brons my wasgoedpennetjie-dae die matgroen verslete katoenhemp deel sy vars-sonstraal-geheime met die dofgrys donserige jas wat langsaam (eensaam) op die herfsblaar-akker-rooi hang en wag ek verlang meteens na Ingrid Jonker se ‘Begin somer’ … die houtskoolrook kruip krulstert nader en my skoorsteenpothoed vind sy rusplek op die ongeslypte steen as bykans vergete troon die hangkas […]
stil wees
salige stilte oomblikke van klankloosheid waarin gedagtes ook begin staak salig want dit is baie raar en kosbaar enigste oomblikke van regte stilwees genestel en gesetel in jou Skepper wanneer alle verlange stil word die gevoel van onbekwaamheid die onvernoegdheid daardie knaende leë gevoel van iets wat skort stil raak maar ook volledig […]
Toe die maan op raak
Verblind deur jou mooie glans, in jou lig wou ek dans, geglo aan nog ’n kans. My bes het ek gedoen, probeer skitter in die donker nag. Van jou ontvang ek al my krag. Uitgelewer aan die son, vind jy wel ñ weg om saans in die donker te kan hang. ñ Wêreld van jou […]
Moedverlore-vlakte
Moedverlore-vlakte Ryno du Plessis 2026 Agter die berg, op Moedverlore-vlakte, het selfs die reën gepak en trek. Gras smeek en bome bid vir drie druppels water. Die windpomp, hy het jare terug al ophou werk. Vaál en alleen staan ‘n bedelaarshuisie wat vra vir net ‘n bietjie seën. Sou die pad jou ooit daarheen lei […]
Ousie Liesie
Ousie Liesie Ryno du Plessis 2026 n Vrou altyd op ‘n missie, haar hande staan vir niks verkeerd. Soggens vroeg voor die son opkom, is sy reeds aan die blom. Wasgoed met die hand gewas, netjies opgehang Met ‘n glimlag roer sy haar pot sy weet vanaand eet sy heerlik aan haar askoek en sop. […]
Skadu van geluk
Skadu van geluk 2026 Ryno. Alle regte voorbehou. Soos elke mens wens ek vir daai diep liefdesuur. Hier in my bors brand die hitte van liefde, gloeiende vlamme. Waar loop my liefde in die donker nag? Sal jou lig dalk op my pad val met ‘n bietjie glans? Is wense regtig swart, of is daar […]
Kaslaaie vol herfs goeters #silwer
Kaslaaie vol herfs goeters Dit voel soms asof my binneste ‘n kas vol emosie is. Die laaie skuif swaar oop onder die gewig van herinneringe. Sommige is helder soos sonlig op water, ander dowwer, amper vergeel soos ou briewe. Daar is ‘n laaie vir vreugdes, vir verliese, vir liefde wat geblom en gesterf het en […]
28 Wit Duiwe
met hierdie olyftakkie stuur ek jou genoeg liefde vir ‘n volle maand in jou lewe hoop ek dit bring vir jou hoop na jou lang tydperk van droogte maak jou optimisties vir wat kom gee jou ervaring van reine liefde van Sy beloftes deur Sy Gees bring vir jou moed, genesing en kalmte […]
Opruim skep ruimte vir hernuwing van jou denke en keuses
In die Suidelike Halfrond, dus ook in Suid-Afrika, begin herfs sy spore in Maart wys. ’n Kenmerk van Maart is ook die korter dae en langer nagte. Teen die einde van Maart sak die son reeds merkbaar vroeër, wat die gevoel van herfs versterk. In natuurlike ekosisteme word die verandering van die seisoen ook sigbaar […]
mirakel
mie’ ra;’k’ ‘e’’l’ . miraculum uit mirari wat ‘n wonderlike gebeurtenis bloot net die spreektaal Afrikaans bly steeds ‘n mirakel uit omstandighede wat steeds verwondering oral skep bloot die buitengewone fonetiek verryk deur soveel ander tale verhoog sy status as wonder so wek drome en gedagtes strofes en verse wat steeds Afrikaanse mirakels […]