H.d.L.
aan wie dit mag aangaan . vergeld nie die onreg maar vergewe en vergeet mag jy ryk aan lewensvreugde met bomenslike krag vrede bring mag jou dag en jou nag net rus bring wees nie bevrees vir die onheil wat heers wees bly, verbly jou in jou Skepper wat almagtig, alomteenwoordig lewend Sy […]
Wie is Magriet? Goud
Pollefyntjie, tittewyntjie op die tone tiekiedraai rondomtalie op die balie in die rondte wil sy swaai Magrietjie van die Laeveld met haar bonte polka rok het sy almal in die skoolraad uit hul skoene uit geskok by die sokkie in die kerksaal lig die wind haar mooie jas Magrietjie was ‘n Gertjie […]
Liewe gister
Liewe Gister © Ryno du Plessis 2026 Iewers hier op my lewenspad sit ek sak en pak. Met ’n lewe vol geleef en baie geleer, sê ek vandag dankie vir dit wat als gebeur. Onbekend wat môre bring, is ek tog reg vir wat die lewe gee. Maak nie saak die pad wat ek moet […]
Lewensblare
Lewensblare © Ryno du Plessis 2026 Soos blare in herfs, waai herinneringe van die verlede ook soms weg. Soos lewenswinde waai, behou elke mens, soos elke boom, nie die blaar wat val nie, maar die koelte wat bly. Lewensherfs, vat die lelikheid weg, maak plek vir lente wat wag.
Liewe probleem
Liewe Probleem Hier in my hart het jy kom klop aan my deur. Eers het ek gedink jy kom wys net oë. Voor ek nog behoorlik kon groet, sit jy wraggies pens en pootjies op my bank van vrede, uitgestrek asof jy self die huur betaal. Met smaak herinner jy my aan die balju, so […]
Lewenspad seisoene
#Brons Afdeling Lewenspad seisoene Seisoene wroegend in my lewenspad vanaf noord na suid soveel ervarings gevind deur ons land voorspoed uit God se Genade uitspruit Winter met sy koue teleurstellings onseker en bekommer tyd vir volle regstellings met warm vrolike geluk van Somer Lente met sy blommeprag blare val af op die […]
leprechaun
oor die duine kom daar lieflike wysies van groen woude met dwergies wat fluit speel en dansend beweeg al om hul vuurtjie van takkies wat geur van heuning dra oor die golwe dreun lied van leprechaun wat vertel van dors en honger van seevaarders ver oor die see wat water kom soek […]
Ou Piet en tant Miems
Ou Piet en tant Miems © 2026 Ryno du Plessis. Alle regte voorbehou. Piet het altyd bale gelaai op sy roomwa, ‘n geskenk van sy oorlede skoonma. Geen tant meer oor, lag ou Piet van oor tot oor. Daardie dag sal hy nooit vergeet. Vrag gelaai, spartel ou Piet om by die mark af te […]
Gekraakte wêreld
Gekraakte wêreld Modder skilfers, uitgestrek. Veld waar water eens ’n weg kon baan. Dorre grond — die wêreld het gekraak. Onder my skoen gee die aarde mee. In ons eens goeie planeet, waar jy goed en kwaad kon meet, lê skilfers van ’n wêreld in mense se harte. Trane het gevloei,seer en vrees het almal […]
Glinster tussen die krake
Glinster tussen die krake Patrone van eens water, nou ’n pan vol skilfers. Stilte breek deur die geluid van kraak. In ’n gekraakte wêreld blêr stemme van gister soos die krake onder my. Dor en verlore lê ’n teken van water nou verlore. Daar, doer in die gekraakte wêreld, glinster ’n groen grassie tussen […]