maak my oop (Silwer)
maak my oop o gooi my deure wyd oop sodat lig my kan binnedring en ‘n skouspel kleure oopkring die duisternis in my tydelik verdring o gooi my deure wyd oop sodat ek jou fladderende vingers kan gade slaan wanneer hul liefderyk oor dit wat ek jou kan bied stryk wyl jy knus […]
grabbelaar (Silwer)
grabbelaar jy los my in ‘n warboel wanneer jy lukraak van rak tot rak tas en torring en onbeheersd rondvroetel troetel jy jou soeke na iets gepas of skalks flambojant en astrant wat perfek pas (by jou) tiener-parmant jy los my in ‘n warboel
My rooihaar nooi
My Rooihaar Nooi © Ryno du Plessis 2026 Jou hare rooi, groot bruin oë het my hart kom steel, al moet ek telkens jou gemoed kan raai. In stilte is ons saam, klanke van my kitaar maak jou hart altyd sag. Gereeld wens ons saam aan ’n wêreld vry, daar waar net ek en jy […]
Tussen lig en donker
Tussen Lig en Donker © Ryno 2026 In my lig is daar donker. In my donker is daar lig. Sou my siel wou sug, soek ek die lig. Ander slaan die vlug, te bang om te kyk wat hul ontwrig. In my lag is daar huil, in my huil is daar lag. Die donker het […]
Tyd vir uitsorteer #silwer
Tyd vir uitsorteer Agter toe deure stamp en stoot hul verbete: wie gaan bly en wie gaan ry. Opgerol in houers lê die broekklouers. Hulle is sterk werk in enige seisoen en kan met enige styl versoen. Eenkant en alleen hang hulle en ween die wat weet daar is van hulle vergeet. hulle is nooit […]
In ʼn vreemde land
In ʼn vreemde land Brons Dis Oktobermaand in Nederland, herfs kom kruip oor die lae land. Die lig word min, die nagte lank, met ’n koue bries en ’n reënsang-klank. Die blare bloos nou geel en rooi, die nuwe wêreld is bitter mooi. Maar vier seisoene waai deur die dag, terwyl ek na die Suid-Afrika […]
Herfsskoonmaak-tyd
Herfsskoonmaak-tyd Brons Dis tyd om die nessie skoon te skrop, voordat Winter aan ons deur kom klop. Elke hoekie, elke gaatjie, elke kas, word hierdie herfs silwerskoon gewas. Die klerekaste word ook reggepak, al die somerklere gaan in ’n sak. Winterklere word nou uitgehaal, nou lyk my kas nie meer so kaal. Die huisie ruik […]
Wanneer die kameeldoringboom sy blare laat val …
Pieter kuier by sy vriend, Johan, op sy plaas in die Kalahari. Johan se pa is ’n jaar gelede oorlede en Johan het die plaas geërf waarop hy deesdae voltyds boer. Dit is die begin van Maart en die tekens van herfs is reeds sigbaar in die natuur. Pieter is bekommerd oor sy vriend wat […]