Die mense op die bus
Die Mense op die Bus Eers gesels hulle oor die weer, probeer die stywe atmosfeer keer. Later kom die: “Hallo, hoe gaan dit vandag?” Voor jy jou kom kry, is die tonge los. Almal weet van elkeen. Lief en leed word op die bus beleef. Soms ‘n skaterlag, soms ‘n traanwat bars. Ook die dae […]
Sy was eersteklas
Sy was Eersteklas Tant Gerrie het geweet hoe om die gepeupel te verstom. Altyd netjies toegedraai in haar Sondagklere. Hare plek-plek gedoen daar waar die hoed dit nie kon verbloem. ‘n Porsleinkoppie in die een hand, haar sigaretjie in die ander een. Sy noem ‘n ding op sy naam. Skinder het nooit by haar bestaan. […]
Tannie van Glaudina straat
Tannie van Glaudina Straat Geld het daar harder gepraat as woorde. Daar was geen einde aan haar oorvloed. In kringe van mag en aansien het sy beweeg. Daar was niks wat haar geld nie kon koop nie. Tog was opregte liefde haar grootste hoop. Kon sy maar net een keer voel dit wat geld nie […]
Die vrou agter die stilte
Die Vrou Agter die Stilte Stories loop sy was ‘n moeilike vrou, maar ‘n hart wat liefde vir haar medemens behou het. ‘n Lewe lank het sy gehad. Negentig jaar het sy gehaal. Haar handewerk lê vandag nog hier. Tuin gemaak uur na uur. Só ‘n goue lewe nou weggepak in ‘n koue skuur. Dit […]
Die man van nêrens
Die Man van Nêrens Koffie vir twee, maar net een beker gevul. Gesprekke ontelbaar, sonder stem het ons ‘n hoofstuk saam gewen. Hier in die diepste donker speel vrees die rower. Drome word geblus soos die grootste vuur. Hier in my donkerste uur kom staan die man van nêrens en gee my ‘n hand vol […]
Ruiter van die wind
Ruiter van die Wind Noord, oos, suid en wes, lê sy spore diep getrap. Huis is iets wat hy nog soek. Tot dan leefdan ‘n lewensboek. Tussen duine en bos sal jy sy hart kan vind. Kaalvoet in ‘n karavaan, voer hy maklik ‘n gelukkige bestaan. Al trek hy rond soos ‘n tarentaal, bly omgee […]
Die man in donker strate
Die Man in Donker Strate Vol van homself, altyd reg om vir geld te veg. Tog kry hy dit regom koppe te laat draai. Lief vir syomkyk tabak, altyd iewers versteek in sy sak. Tronktralies het hy goed geken. Daar moes hy boet vir sondes van lank gelede. Vuil en op straat ontmoet ek die […]
Die perfekte skoot Goud
Hy bak sy hand teen die bloeiende veld roesrooi gevlek teen die horison koper grashalms buig nederig neer stadig, verseker lig hy sy geweer die kranse kreun ‘n eggo net ‘n jagter en sy maat en in die deining van die sterwende son val ‘n skadu in die berg se kom nou swaai […]
Tweede kanse
daardie een oggend wanneer jy wakker word en jy weet jou wêreld verander al jou selfvertroue en selfbeeld wat in paar ooblikke verdwyn wanneer jou hart versaak miskien is jou are verstop dalk het daar ’n klep verswak jy weet net – dit is nou sulke tyd dikwels is jy gelukkig – kry […]