Wagter se baas
Wagter se Baas Ou Oom Besuidenhoud was destyds reeds al oud. Ek was rondom twaalf. Oral waar hy sou gaan, was ou Wagter saam. Voor die myn se hek het Wagter bly lê tot sy baas sou kom. Kry sy happie brood, dan loop hulle saam na hul huis, anderkant die spoor, daar by die […]
Strate deur ou fotorame
Strate deur Ou Fotorame Deur stof en sand, oor heuwels en rand, stap ek deur die strate van ou fotorame. Stories vasgevang teen mure. Ander reeds begrawe diep in grafte. Nog net ‘n voetspoor van onthou. Foto’s dof. Stemme al vaag. Iewers bly herinneringe steeds vasklou. ‘n Goeie lag kan ek onthou.’n Trane-spoor saamgepik. Party […]
Die beste swemmer
Die Beste Swemmer “Wat praat jy nou, my kind? Sou ek my lewe oor kon hê, sou ek nooit daardie dag die beste swemmer wees nie.” Party was gelukkig. Die lewe het gegee wat hulle wou hê. Ander moes wysheid in hul keuses beleef. Met geboorte, saam met jou eerste asem, word daar ‘n sak […]
Maak reg wat stukkend is
Maak Reg Wat Stukkend Is Op my dae was ek ook mooi. Ons was anders getooi. Hierdie stokkiesvingers van my het geplant hier in die grond wat God gegee het. My hakke skurf en gebars, van kaalvoet loop deur klip- en duwweltjieveld. Skoene was vir dié met pennies en ponde. Ons het geloop in ons […]
Umgodi
Brons Aan die voet van die Imbombo berge lê die landskap en gemeenskap van Umgodi. Die eens welvarende en boomryke gemeenskap, is 120 jaar gelede gestig, nadat die destydse eienaar van die stuk grond, dit vir landelike ontwikkeling beskikbaar gestel het. Vandag is dit egter die simbool van strukturele en omgewingsaftakeling, nie onaangeraak gelaat deur […]
Blikaspaai
om op my duin te sit die wêreld te beskou vergesigte te aanskou herinneringe op te wek dit alles vertel ’n storie dié storie van my lewe maar, weet ek enigiets of is alles gebou om leuens in vandag se AI-verhaal is blikaspaai nogal moeilik om te verstaan wat lê agter alles wat […]
Hessie van die sentrale
Hessie van die Sentrale Ou Hessie was al so baie in die sop, sy kan byna ‘n kookboek skryf. Opgetooi, kan sy nie wag vir die volgende storie om te versprei nie. Met liefde het sy ekstra spoeg bygevoeg, sodat sy ook die stories kan verstaan. Nuuskierigheid was haar bestaan. Sonder dit sou sy seker […]
Rosa se vuur
Rosa se Vuur Sy kom uit die tyd van swart en wit. As dogtertjie kon sy maar net bid. Die heilige Herero-vuur was van haar geneem in ‘n donker uur. Skielik word sy wit. Tonge klap en bring groot twis. Aan moedertaal wil sy klou,soos ‘n tou sonder ‘n knoop. Haar “Ma” het haar geleer […]
Corrie Kersboom
Corrie Kersfeesboom Van doer onder het sy haar lewe aanmekaar gesit. Leë bottels verkoop om ‘n deur vir haar toekoms te bou. Sy het vir die hele dorp gekook, al was haar eie kaste ook dikwels leeg. Ystervrou het sy haar lewe bestuur vanuit haar kombuis se troon. Sou jy foute maak, was haar woorde: […]