MEI 2026 – OOP PROJEK – Kommentaar en uitslae
Wenners Baie geluk aan hierdie 6 lede! GEDIGTE BRONS: (1) No 12 Johan Jansen van Rensburg MET Die stoep (2) No 16 Juanri Jansen van Rensburg MET Vir Pa (3) Geen SILWER: (1) No 17 Nicola Brown MET Kardiomiopatie (2) No 10 Awona MET Graf met sellose asem (2) Geen GOUD: (1) No 22 Marlene […]
geringstelling
daar het reën geval en daar was ook vloede eers bid ons vir goeie reën dan vir verlossing uit nood stoei ons menselinge dapper om kop bo water te hou ken ons steeds niks nie ons voorspel El Niño’s selfs Super El Niño’s maar ons kan nie voorspel wat kom selfs binne ure […]
Die vreemdeling
Die Vreemdeling Op sy plek, glimlag hy skeef. Groet hy altyd beleef. Al kom die vrae van voor of agter, bly sy antwoorde altyd skugter. Byna laat vir kerk, tog eerste om ná die diens te vertrek. Waar sou die man dan woon? Ander wonder: Het hy ooit ‘n foon? Alle nuwes raak bekendes, maar […]
Oom Doof
Oom Doof So het almal hom genoem. Hy was eintlik nogal beroemd. By die busstop klim jy in. Hy knik net sy kop: “Klim maar in.” Die stilte breek, en storms van stories vloei dan wyd. Sou iemandiets wou weet, sê Oom Doof: “Ek is doof.” Vandag is hy nou regtig doof. Of…. probeer hy […]
Die mense op die bus
Die Mense op die Bus Eers gesels hulle oor die weer, probeer die stywe atmosfeer keer. Later kom die: “Hallo, hoe gaan dit vandag?” Voor jy jou kom kry, is die tonge los. Almal weet van elkeen. Lief en leed word op die bus beleef. Soms ‘n skaterlag, soms ‘n traanwat bars. Ook die dae […]
Sy was eersteklas
Sy was Eersteklas Tant Gerrie het geweet hoe om die gepeupel te verstom. Altyd netjies toegedraai in haar Sondagklere. Hare plek-plek gedoen daar waar die hoed dit nie kon verbloem. ‘n Porsleinkoppie in die een hand, haar sigaretjie in die ander een. Sy noem ‘n ding op sy naam. Skinder het nooit by haar bestaan. […]
Tannie van Glaudina straat
Tannie van Glaudina Straat Geld het daar harder gepraat as woorde. Daar was geen einde aan haar oorvloed. In kringe van mag en aansien het sy beweeg. Daar was niks wat haar geld nie kon koop nie. Tog was opregte liefde haar grootste hoop. Kon sy maar net een keer voel dit wat geld nie […]
Die vrou agter die stilte
Die Vrou Agter die Stilte Stories loop sy was ‘n moeilike vrou, maar ‘n hart wat liefde vir haar medemens behou het. ‘n Lewe lank het sy gehad. Negentig jaar het sy gehaal. Haar handewerk lê vandag nog hier. Tuin gemaak uur na uur. Só ‘n goue lewe nou weggepak in ‘n koue skuur. Dit […]
Die man van nêrens
Die Man van Nêrens Koffie vir twee, maar net een beker gevul. Gesprekke ontelbaar, sonder stem het ons ‘n hoofstuk saam gewen. Hier in die diepste donker speel vrees die rower. Drome word geblus soos die grootste vuur. Hier in my donkerste uur kom staan die man van nêrens en gee my ‘n hand vol […]
Ruiter van die wind
Ruiter van die Wind Noord, oos, suid en wes, lê sy spore diep getrap. Huis is iets wat hy nog soek. Tot dan leefdan ‘n lewensboek. Tussen duine en bos sal jy sy hart kan vind. Kaalvoet in ‘n karavaan, voer hy maklik ‘n gelukkige bestaan. Al trek hy rond soos ‘n tarentaal, bly omgee […]